|
|
Veiligheid Suid-Afrika |
Die Veiligheids-Forum
is ‘n nie-politieke, nie-regerings instansie wat uit ons eie sakke
befonds word en probeer om ‘n positiewe bydrae
tot vrede, veiligheid en voorspoed in ons pragtige land te maak. As u enigsins
![]()
Tuis | Huisveiligheid | Plaasveiligheid | Buurtwagte
| Onderhoud | Boeke | Praatjies
Wenke en Diagramme | Gratis Vraelys | Benodigdhede
| Kontak
![]()
Veiligheidspraatjie vir
Saterdag 31 Julie 2004
1
Ons huidige veiligheidsituasie: Suid Afrika verkeer tans in 'n afwaartse
spiraal van anargie en chaos. Statistieke in die media toon dat ons huidige
moordsyfer, naamlik 60 moorde per 100 000 persone, dubbel die hoeveelheid is as
wat twintig jaar gelede die geval was. Interpol het ook onlangs weer erken dat
boerdery in Suid Afrika, die gevaarlikste beroep ter wêreld is. Hiervan
getuig die skokkende syfers wat veral deur verskeie landbou-belangegroepe
beskikbaar gehou word, naamlik nagenoeg 1600 vermoorde boere en lede van hule
gesinne, sedert die vroeë negentigerjare tot op datum. Hierdie moorde volg
gereeld op van die wreedaardigste en baarbaarse metodes denkbaar, gewoonlik na
ure se volgehoue foltering van sodanige slagoffers. Die verkragting van
vroulike slagoffers, kom nou in nagenoeg een uit elke drie insidente van
plaasaanvalle voor en dié syfer styg nog steeds. Dit is dus duidelik dat
veral die landbouer in Suid Afrika, voorop gestel word as een van die mees
geteikende indiwidue in 'n terroristiese-tipe teistering waarvan die syfers
selfs die mees onlangse internasionale militêre konflikte by verre
oortref! Dit is ook onteenseglik duidelik dat die boer, wat
stoksiel-alleen staan in hierdie aanslag op hom en sy gesin, dit slegs met 'n
militêre tipe van weerbaarheid, teen-offensie en volgehoue, deurlopende
waaksaamheid gaan afweer. Ondervinding toon dat sodanige anarchiste, nie enige
sulke teënstand
2
Die IK-stelsel: Van opperste en onbetwiste belang, is die daarstelling
van 'n effektiewe inligting- en kommunikasiestelsel (IK-stelsel),
wat inge-oefen moet word tot tweede natuur en waarmee selfs die kleiner kinders
in die huishouding vertroud moet wees. Hierdie lewensbelangrike
paraatheidstelsel is afwesig op 90% van alle plase en verleen daarom ongehinderde
toegang tot en selfs ondersteuning aan aanvallers in hulle skrikbewind van
anargie en chaos. Dit is dus nodig vir die plaasbewoner om 'n effektiewe
stelsel vir sy eie doel te skep en in stand te hou. Deur die goeie gebruik
hiervan, is almal bewus van wat om hulle aangaan, die moontlikheid van enige
gevaar wat mag dreig en enige mense, welkom of onwelkom in aantog na die plaas
of wat die plaasgebied onwettiglik as deurtog gebruik. Hierdeur word 'n
gerusstellende en ondersteunende intelligensiestruktuur geskep van enige
indiwiduele gesinslede se posisies op die plaas en hul doen en late, maar veral
hul welstand. Sodoende word die verrassingselement op die verdediger
oorgeskuif, word die aanvaller van een van sy sterkste elemente in sy
terreurveldtog ontneem en swaai hierdie skaal nou in die guns van die
plaasbewoner, soos dit eerder behoort te wees. Die boer, sy wagte, sekere van
sy gesinslede en van sy betroubaarste werknemers, is dus deurentyd en in
konstante verbinding met mekaar betreffende hul werk, algemene probleme wat
ondervind word, sowel as enige sekuriteits- en veiligheidsrisikos of mediese
noodgevalle wat hieruit mag voortspruit. Die verdere uitbreiding van hierdie
lokale kommunikasiestrukture word dan oor
groter stelsels, soos byvoorbeeld die Marnet-radiostelsel weergegee. Sulke
herleiers, moet verkieslik verantwoordelike persone wees, veral vertroud met
die hantering van noodgevalle en die korrekte herleiding van radiogesprekke, om
'n hegte, effektiewe radionetwerk oor groot afstande daar te stel.
Ons
3
'n Geïntegreerde Veiligheidsring (Plaasbewoners kan onderling met
mekaar koukus oor hoeveel van die ondergenoemde elemente vir hulle prakties
haalbaar mag wees, of selfs sommige van hierdie punte vervang met beter idees
waarvan hulle mag weet)
(1) Die huis moet beskik
oor ‘n goeie alarmstelsel, wat die aandag
a) ‘n
Sekuriteitsmaatskappy wat alarms monitor en daarop reageer,
b) enige wag/te wat op
die plaas beskikbaar is,
c) enige van die
huisbewoners (wanneer uitstedig), na hul selfoon of radioroeper ("pager")
of
d) die Marnet of
Burgerband Radiostelsel.
(2) ‘n Fisiese
heining moet bestaan om die woning om betreders uit te hou of alternatiewelik
‘n elektroniese "heining" wat betreders bespeur en alarm
(3) Enige van die skure
en buitegeboue, krale en so meer, moet beskik oor vroegtydige
waarskuwingstelsels om die huis of wagte in kennis te stel van probleme daar
(4) Sekondêre
hekke, wat deur ‘n wag of een van die huisbewoners beheer word, sal slegs
toegang aan gemagtigde persone verleen, maar ander weghou van die onmiddelike
area rondom die opstal
(5) ‘n Indikator
('n lig/gie) om huisbrake, betreders en hinderlae aan te dui, moet by die
hoofhek (by die hoofpad) aangebring word, waar dit ‘n waarskuwing vir
enige terugkerende persone is. So ook ‘n duplikaat (bystand) stelsel naby
die huis, sou die een by die hek faal.
(6) ‘n
Arrestasielyn ('n ketting of plank met spykers in) word aangebring op die
toegangspad na die huis, om ongewenste voertuie en aanvallers s’n, te
immobiliseer. Hierdie sal verkieslik so vêr weg as moontlik van die huis
af gehou word, indien prakties haalbaar.
(7) Die hoogste punt op
die eiendom, moet verkieslik toegerus word met ‘n versteekte uitkykpos,
beman deur ‘n wag. Dit moet sovêr moontlik 360 ° uitsig
hê en die volgende maklik
a) die woning en
onmiddelike buitegeboue,
b) stalle, skure en
krale, en enige vee wat wei,
c) die lokasie of werkers
se woongebied,
d) enige toevallige of
gestigte veldbrande,
e) die hoofhek en of
hoofpad vir aankomende verkeer en
f) enige digte of ruie
gebied van waar ‘n hinderlaag geloods
(8) Die hoofhek
(9) Grensplase en
dié geleë na aan enige lokasies of plakkerskampe, is toegerus met
‘n swaar versperring van heinings, slote en lemmetjiesdraad om betredings
en aanvalle te keer. ('n McNamara- of Morrislyn)
Die
plaasgebied, maar veral die opstal, word dus beskerm deur 'n sterk
"veiligheidsring", wat bestaan uit 'n kombinasie van soveel moontlik
menslike wagte, diere met 'n sterk gebiedsdrang en elektries-elektroniese
waarskuwingsmiddele, ALLES WAT INTERAKTIEF OP MEKAAR INWERK EN SAAMWERK en wat
die gebied SODOENDE, in 'n duidelike "no-go" area
omskep!
(Aanvullende dokumentasie
vir die toespraak)
1
Plaasbewoners in aantog na die opstal
2
Interne kommunikasie op die plaas
3 Eenvoudige en maklike
kodewoorde:
Normale situasie: "Is alles in
orde by die huis?"
"Alles is reg"
Abormale situasie: "Is alles in
orde by die huis?"
"Alles is OK"
(OK
Aanduidende data- en kommunikasiestringe:
|
Korrekte roepsein Asterix |
Korrekte roepsein Obelix |
Instruksies/ navraag te do-do-do; te da-da-da xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx? |
Eerste kodewoord Groen |
Kontrolerende
kodewoord Gras/pol |
Aanduidende en
kontrolerende tekens wat deur weglating en/of verdraaiing, onmiddelik die
agterdog
Voorbeeld: Die boer (Jan
de Bruin), met die roepsein "Asterix", sy gesin en hul wag (Danie
Swart), met die roepsein "Obelix", het die kodewoorde "groen"
en "gras" vir die dag afgespreek, wat hy gereeld in sy kommunikasie met hulle op sy tog oor die plaasgebied moet
kommunikeer. Die volgende normale en abnormale toestande
Normale situasie
Wag: "Asterix
Asterix, Obelix, wat is jou posisie oor?"
Boer: "Obelix,
Asterix ek is nou in Delta drie, hier by die groen graspol"
Abormale situasie 1 (bv. gevaarsituasie)
Wag: "Asterix
Asterix, Obelix, wat is jou posisie oor?"
Boer: "Obelix,
Asterix ek is nou in Delta drie, hier by die geel graspol"
(Opsetlik verkeerde
kodewoord wek agterdog en plaas wagte op hul hoede)
Abormale
situasie 2 (bv. gevaar en/of gyselaarsituasie)
Wag: "Asterix
Asterix, Obelix, wat is jou posisie oor?"
Boer: "Danie ek is nou Noord van jou, hier by die blou tenk"
(Opsetlik verkeerde
datastring wek agterdog en bevestig ook abnormale situasie sodat wagte
onmiddelik