|
|
Veiligheid Suid-Afrika |
Die Veiligheids-Forum
is ‘n nie-politieke, nie-regerings instansie wat uit ons eie sakke
befonds word en probeer om ‘n positiewe bydrae tot vrede, veiligheid en
voorspoed in ons pragtige land te maak. As u enigsins
![]()
Tuis | Huisveiligheid | Plaasveiligheid | Buurtwagte
| Onderhoud | Boeke | Praatjies
Wenke en Diagramme | Gratis Vraelys | Benodigdhede
| Kontak
![]()
Alhoewel wonings in dorpe en stede
gewoonlik naby mekaar geleë is en ook maklik en vinnig deur
sekuriteits-reaksiemagte bereik
vorendag sal kom, is sterk te
betwyfel. Dit sal dus vir 'n private en nie-regeringsorganisasie dalk lonend
wees om sodanige ondersoek te loods en hopelik meer lig te werp op hierdie nare
aspek wat almal van ons se lewens op een of ander manier raak. Intussen rus die
onus op iedere en elke eienaar van wonings en woonstelle, om alles in sy/haar
vermoeë te doen om die maklike toegang tot diesulke eiendomme te bekamp,
te vertraag of selfs in die wiele te ry. Algemene probleme met die teenmiddels
soos dit alledaags nog voorkom, is dat dit nie meer voldoen aan die vereistes
van die beskermingsvlakke wat benodig word en die gewelddadige inbrake wat ons
samelewing "aan gewoond geraak het" nie. Met ander woorde, die ou
10mm diefweringstawe wat gewoonlik net voor oop vensters voorkom, is lankal nie
meer voldoende nie en word maklik met 'n staafknipper ("boltcutter")
oopgeknip, wat die diewe sommer aan die persoon onder hulle klere met hulle
ronddra! Diefwering moet dus toenemend van dikker en sterker staalstawe
vervaardig word en ook van panele wat eerder die hele venster en sy raam bedek,
as net sekere gedeeltes daarvan. Hou egter in gedagte
dat diefwering slegs een
element in 'n groot aantal komponente is wat gebruik moet word om kriminele te
kortwiek en moet desnieteenstaande, deur ander middele soos veiligheidshekke,
alarmstelsels met monitor- en reaksiemagte en dies meer aangevul word. Geen
enkele komponent
Die eiendom word vir ‘n tyd lank dopgehou. Bewegings
van huismense, bediendes en buurtwagte of sekuriteitsmaatskappye (indien enige)
word gemonitor en genotuleer. Aanvullende intelligensie word van bediendes en
werknemers op die eiendom verkry, hetsy deur noue samewerking en/of die
intimidasie van sodanige werkers. Inbrake vind nou veral snags (gewoonlik
tussen 24h00 en 04h00) plaas wanneer inwoners vas slaap, omdat daaglikse
aktiwiteite sulke inbrake bemoeilik of self in die wiele ry en kriminele
makliker in daglig ge-eien
word
vuurhoutjies nalatig getrek om inbrekers se pad te verlig, waarna dit (nog
brandend) op die matte/meubels gegooi word. Die yskaste word gestroop van hul
inhoud, veral gevriesde vleis om in die inbrekers se "hongersnood" te voorsien. Gewoonlik slaap die inwoners sonder
om wakker te word van die lawaai wat deur inbrekers veroorsaak word. Baiekeer
word die honde ook nie wakker van die lawaai nie, totdat die inwoners eers
geraas maak om inbrekers af te skrik. In die dorpe en op kleinhoewes, gaan die
inbrake gewoonlik nie met geweld gepaard as huismense die inbrekers verdryf
nie, terwyl plaasbewoners uitsluitlik met geweld gekonfronteer word met/sonder
inbrake. Moontlike oplossings: Teen inbrake
Wees altyd waaksaam, veral as u naby ‘n oop erf, bos,
plantasie of iets soortgelyks bly, wat goeie obserwasie aan diewe
binnekant
van die deure/hekke plaas en dat alle bedrading binne-in die metaalhek
weggesteek word om kwaadwillige beskadiging deur diewe te voorkom. Bring ekstra
sterk en dik Spaanse diefwering voor (veral) u slaapkamervensters en ander
belangrike vertrekke aan! Versterk u motorhuis se deur en raam en laat koppel
dit op die huis se (of sy eie) alarmstelsel, wat veral in die nag aktief gestel
moet wees. Stel u alarmstelsel so, of laat dit her-programmeer om aktief die
res van die huis, uitgesluit die slaapvertrekke, te monitor en onmiddelik alarm
te maak indien daar ‘n inbraak of selfs net ‘n beweging van buite
na binne is. Hou genoegsame brandbestrydingstoerusting binne die huis byderhand
indien kriminele ‘n toevallige of opsetlike vuur veroorsaak!