Indeks

Gareth Jones Geraldine Jackie
Johann Gaum Totiusdal Poskantoor Motorwagte
hAp Lantic Oos Kaap Muisgenoot se vooroordele
Krugersdorp Lisensiekantore Polisiërings forum Belboks verdwyn
LG se webblad Motorwag molesteerders Groot ego's gee voor
Charter lewens Eddie Stafford Voertuigdeure
Beaufort Wes Munisipaliteit SAP disinformasie Robbie Penzhorn se dood Hercules Poskantoor
Ned Geref Kerk Stellenberg ABSAHercules Kroek met kleingeld
Rapport Parkering in toegangspaaie Greenfields Poskantoor
Materiële gestremdheid Freddi Nest en "If" Epos dreigemente
SAP en Narcisme MTN Uitgewers
SVP Radio rippel se na ure dienste Kolonade dinkkolonaal
Horendedoof Kunstenaars Loot Steyn
Suzaan Steyn Motorwag molesteerders

Geraldine

Geraldine is 'n amptenaar by ABSA in Jakarandasentrum, Rietfontein. Sy het bewys dat omgee vir klante en dienslewering met oorgawe steeds haalbaar is. Waar ander nie wou of kon help niem het sy elke keer 'n oplossing. Mag al haar ander klante haar ook so waardeer.

Terug na indeks

Jackie

Jackie is 'n skakelbeampte by Eerste Nasionale Bank se Jakarandasentrum agentskap. Waar ander huiwer, doen sy. Waar onkunde ander laat struikel, is sy daar om deur haar kennis en toegewydheid haar kollegas sowel as kliënte te help.

Terug na indeks

Johann Gaum

In 'n tyd toe min ander mense werklik geglo het dat ek in staat is tot iets, het Johann en Linda deur bloot daar te wees en oor 'n koppie koffie te deel, weer hoop geskep wat 'n groot rol gespeel het in die herstel van die totale mens - sonder selfsug, sonder vooroordeel. As omstandigdhede druk kon ek vreesloos met hulle deel. Ek stel jou voor 'n uitdaging. Probeer om minstens net een dag 'n medemens te dra soos wat die twee engele gedoen het. Dalk maak jy net 'n lewensbelangrike verskil vir iemand wat jou NOU nodig het.

Daar is min mense soos die twee Gaums!

Terug na indeks

Totiusdal Poskantoor

Totiusdal Poskantoor is klein, maar effektief. Probleme wat verskeie ander groter poskantore nie kon oplos nie, is elke deur deur bemiddeling van Totiusdal opgelos. Ek het rede om te glo dat die Poskantoor sy top presteerders daar aanstel.

Terug na indeks

Motorwagte

Eendag het die mens die Here gevra om iets omtrent die misdaad op aarde te doen. Baie mense kla tot vandag nog dat daardie gebed nie verhoor is nie. As hul egter net verder as hul neuse kyk, sal hul sien dat Hy juis hierdie versoek op 'n besondere manier hanteer het. Hy het Sy elite engele geneem, hulle aarde toe gestuur en van hul motorwagte gemaak. Daarom dan my GROOT dank aan elkeen van die engele wat gehoorsaam genoeg was om hierdie engelediens te verrig. Sonder motorwagte sal die wêreld 'n baie swakker plek wees.

Terug na indeks

Gareth Jones

Gareth is 'n amptenaar by Pick a Pay in Hillcrest wat toesien dat die oorskot kruideniersware veilig in die hande van gemeenskapswerkers besorg word vir verspreiding onder minderbevoorregdes. Die manier waarop hy dit doen en die waardigheid waarmee hy die werkers hanteer, verdien 'n groot pluimpie

Terug na indeks

Huis vir Afrikaanse Poësie

In Capital Park is 'n wegkruipplek waar jy weer vrede kan vind. 'n Plek waar die skrywersiel kan ontspan en inspirasie vind. Deur die Poësiehuis te deel met ander, word dit 'n hawe vir die moedelose, 'n saamkomplek van die eensame. Aan die bestuur van hAp, julle word raakgesien. Die genesende rol wat jul in die gemeenskap speel is groter as wat jul ooit besef.

Terug na indeks


Motorwagmolesteerders

Eendag het die mens die Here gevra om iets omtrent die misdaad op aarde te doen. Baie mense kla tot vandag nog dat daardie gebed nie verhoor is nie. As hul egter net verder as hul neuse kyk, sal hul sien dat Hy juis hierdie versoek op 'n besondere manier hanteer het. Hy het Sy elite engele geneem, hulle aarde toe gestuur en van hul motorwagte gemaak. Daarom dan my GROOT dank aan elkeen van die engele wat gehoorsaam genoeg was om hierdie engelediens te verrig. Sonder motorwagte sal die wêreld 'n baie swakker plek wees.

Nou is daar 'n groot deel van die gemeenskap wat dink dat hulle volmaak is en nie die edel diens van dié gestuurdes benodig nie. Onder allerlei flou verskonintjies van versekering, alarms, imobiliseerders, groot ego's en ander stories wat geen water dra nie, snou hulle die engele toe asof hulle nie mense is nie. Ander, byvoorbeeld die personeel van SA Autoworx in Van der Hoff straat, rand selfs die motorwagte fisies aan omdat hulle hul as 'n soort pesdier beskou.

Ek hoop dat die lesers wat hulle aan die soort wandade skunldig maak, tot besinning kom. Ons mag nie gestuurdes wat oor ons pad gestuur is, minag nie, nooit nie.

Terug na indeks

SAP disinformasie

'n Wyle gelede het die volk getreur oor die dood van Robbie Penzhorn, een van die werklik min eerlike prokureurs wat nog oor was. Hy het daarin geslaag om sake oop te krap wat senior amptenare in verskeie politieke en regeringskringe se geraamtes ontbloot het. Die regering het so goed geslaag in hul mediamanipulasie, dat al wat media is berig het dit was selfmoord. By navrae sou die ondersoekers swyg, ons selfs dreig.

Nou wonder ek net, waarom manipuleer die regering die media om 'n selfmoord berig te plaas as dit in werklikheid 'n regeringsgeinisieërde moord was. Wat steek hulle weg? Wat het Robbie van hulle geweet wat hulle nie wou openbaar nie?

Vra maar net.

Terug na indeks

Rapport se gekonkel

Monopolie vir 'n lang tydperk werk korupterend in op die wat dit dit het. So het dit gebeur dat Die Wêreld 'n vars nuwe inisiatief was wat die eensydige beriggewing in die Sondagpers sou regstel. Rappport het nie daarvan gehou nie, want skielik moes hulle versigtiger berig. Disinformasie was nie meer so maklik om te saai nie. Daar was net een oplossing: Manipuleer 'n paar mense en instansies, hetsy bogronds of ondergronds, om Die Wêreld se sake deurmekaar te krap. Die konkelary was 'n reuse sukses. Nou is die pad weer oop vir 'n monopolie om 'n verkruppelde waarheid te verkondig sonder dat objektiewe kompetisie hulle op hul tone hou.

Dalk moet Rapport 'n nuwe rubriek begin. Ek stel voor die titel sal wees: Eliminasiestaktiek: 'n stap vir stap handleiding.

Terug na indeks

Epos dreigemente

Daar is 'n vuil gewoonte van naamlose "webmasters" om op uitgaande pos van hul kollegas allerlei dreigemente en stellings te plaas. Dit stel gewoonlik dat die epos onderworpe is aan hierdie en daardie stel reëls en dat dit noodsaaklik is om eers op hul webblad na te gaan wat die "beleid" is. Die sieklike gewoonte maak dat spontane kommunikasie gereduseer word tot 'n vervolgsieke kultuur waarin geen mens meer 'n ander vertrou nie. Daar steek GEEN rasionaal in die soort kaping deur regsgestremdes van ander se spontane kommunikasie nie. Dit gebeur outomaties dat as ek pos ontvang waar die tipe twak op voorkom, die vertouensposisie ten opsigte van die sender betwyfel word: bloot omdat hy of sy baas my waardigheid betwyfel

Terug na indeks

SAP en Narcisme

Op Saterdag 14 Mei 2005 probeer 'n polisiebeamte 'n gemeenskapswerker weerhou daarvan om sy pligte uit te voer. Ten spyte daarvan dat dit onder die beampte se aandag gebring word dat die werker besig is met 'n uiters noodsaaklike diens, is hy steeds oortuig dat sy oordeel belangriker is as die oordeel van God en daarom mag hy maar Koninkrykswerk ontwrig. Later sou ons vasstel dat die beamte verkies om net as Botha bekend te staan. Klaarblyklik te versigtig om sy naam te noem nadat 'n stukkie van sy gewete ingeskop het. Hierdie stukkie ter ilustrasie van die volgende: Soms gebruik die magte van die bose wêreldse magte se amptenare om onder die vaandel van mag, die werk van God te ondermyn. Amptenare van menslike owerhede moet waak dat hulle nie in hierdie uiters gevaarlike strik trap nie. Ter verduideliking. Toe die insident by sy stasie aangemeld is, het die beamte wat geantwoord het, by name Albert Kahtu, dadelik ingesien dat hier 'n magsoorskryding plaasgevind het. Dit toon dat nie alle amptenare hulself beskikbaar stel vir bose magte nie. Ons het die insident ook per brief onder die stasie se aandag gebring: Een vir Albert Kathu, een vir beamte Botha en een vir die stasiebestuurder. Vreemd, nie een van laasgenoemde twee het geantwoord nie. Seker maar 'n gewete. Of dalk 'n refleksie van presies wat hulle van Koninkrykswerk dink. Nouja, as jy aan 'n skrywer krap, dan skryf hy dit maar. En dis presies wat ek nou hier gedoen het.

Heelwat later sou ons daarin slaag om vas te stel die beampe is Louis Botha, werksaam by Hercules polisiestasie.

Terug na indeks

Krugersdorp lisensiekantore

Op Donderdag 18 Augustus 2005 het 'n jarelange kennis gegaan vir haar ligte voertuig bestuurslisensie toets by Krugersdorp se toetsterrein. Alles het wel geloop. Tog is die uitslag : Jy het dit nie gemaak nie.

By navrae het die toetsbeampte ewe koel en kalm gesê dat ongeag hoe goed die aansoeker is, dit teen die amptelike beleid van die owerheid is om 'n blanke vrou die eerste keer te laat slaag, al is sy ook hoe goed.

My vraag is, wat is die logika agter so 'n redenasie? Een korrespondent wat kommentaar hierop gelewer het, het dit nogal duidelik gestel. In die owerheid waar sy werk, is dit aanvaarde praktyk dat 'n toetsbeampte 'n ruim deel van die hertoetsfooi belastingvry in sy agtersak kry as hy toesien dat dié wat hy ag melkkoeie te wees vir die owerheid, 'n paar keer moet kom vir 'n toets. Nou deel ek graag hierdie materieël gestremde benadering met jou as leser en hoor graag jou kommentaar.

Ek deel ook graag met jou 'n stuk uit een van my onlangse publikasies: Elke mens het 'n vrye keuse met watter kant van sy rugstring hy dink. Nie almal maak dieselfde keuse nie.

Dalk geld hierdie beginsel ook vir lisensie owerhede.

Terug na indeks

Polisiërings forum

Polisiëringsforum se gekonkel

In 'n gemeenskap waar toegewyde individue moeite doen om misdadigers in toom te hou, kruip toe mos 'n tikkie jaloesie uit. Net toe Buutwag Nasionaal suksesvol is met die afbring van misdaad tot feitlik nul, kom die polisiëringforum, kaap die roem vir hulle en stig 'n liggaam wat daarop aanspraak maak dat hul dieselfde of beter diens kan lewer. Buurtwag Nasionaal word deur 'n regeringsgesteunde oormag doodgedruk. Die forum het ook 'n manier die inligting bekom van die Buurtwag se lede en onder die voorwendsel van dienslewering, wil hul nou die mense inboelie in 'n debietorderstelsel in.

Buurtwag Nasionaal was suksesvol. Dit kom ook uit die monde van dié wat deur hulle gevang is. Buurtwag Nasionaal het werk verskaf aan mense in hul eie gemeenskap. Kan dit van die kompetisie gesê word? Buurtwag Nasionaal was elke dag en elke nag sigbaar in die strate en het 'n werkende beheerkamer gehad. Kan dit van die forum gesê word? Omdat Buurtwag Nasionaal 'n edel inisiatief vanuit die gemeenskap was, het misdadigers geweet om in hul spore te trap. Daarom dat misdaad feitlik verdwyn het in die areas waar Buurtwag gefunksioneer het. Daarenteen is die nuwe polisie nie juis 'n afskrikmiddel vir misdadigers nie en deur die "nuwe" organisasie daaraan te koppel, kry die misdadigers die boodskap dat die gebied weer oop is vir besigheid.

Ek vertrou dat Buurtwag Nasionaal spoedig weer sal herrys en nie sal toelaat dat jaloerse motiewe hulle edel motiewe en taak laat sneuwel nie.

Terug na indeks

Belboks verdwyn

Die afgelope drie jaar het ons die voorreg gehad om te deel in 'n puik nuwe konsep, naamlik Belboks. Belboks wat die kyker deel maak van die belewenis. Belboks wat met uitstekende musiekkeuse weer die plaaslike musiekbedryf 'n groot stoot gegee het. Belboks wat trots Afrikaans gepraat het. Belboks se aanbieder wat daarin kon slaag om aan elke episode 'n vars nuwe identiteit te gee. (Noem vir my een ander aanbieder wat nog ooit in enige program daarin kon slaag???)

Skielik die nuus: Belboks word op kort kennisgewing gestaak.

Nou is dit my voorreg as redakteur van die blad om 'n ongesensorde mening hieroor te lug sonder vrees dat 'n subredakteur of programbaas my woorde sal verdraai. Sonder dat 'n regiseur my kan weerhou daarvan om my eerlike mening op die lug te gee, al is my ware gevoelens hieroor, vlak in my oë.

Belboks word nou skielik gestaak.

- Nie omdat die vervaardiger of span so besluit het nie.

- Nie omdat dit nie gewild was nie.

- Beslis nie op kykersaandrang nie.

- Nie omdat die program wat Belboks probeer vervang, enige meriete het nie.

Ek ruik 'n rot. En ek dink die rot is verskuilde motiewe by SABC 2 se anderstalige programbase.

Oor die programbase se mediese toestand: Die prognose vir Akute Moronitus is zero. En dit veroorsaak Rektale Iritasies by die kykers.

Aan die span: ek deel jul hartseer oor hierdie onoordeelkundige besluit deur mense wat nie talent en inisiatief herken as hul dit sien nie.

Verdere pogings om barbarisme te probeer regverdig

Die SAUK se taalbevooroordeelde programbase probeer nou om hierdie bar en oppervlakkige optrede te regverdig deur die gleuf met natuurverwante programme te vul. Hulle vergeet egter die kyker se geheue nie so kort soos soos hulle denkvermoë is nie. Dis baie laag om iets edels soos die natuur te gebruik om die aandag af te trek van blatante moord op briljante produsies.

Mag hulle tog nooit 'n gewete ontwikkel nie, want as dit die dag sou gebeur, sal hulle nie met hul eie wandade kan saamleef nie.

Klik hier om jou inset oor hierdie saak te lewer
Terug na begin van hierdie artikel

Terug na indeks

LG en die Webblad

LG is een van die voorste vervaardigers van kwaliteit elektriese en elektroniese verbruikersware. Al ooit opgelet hoe 'n maatskappy wat graag op LG se rug wil ry, die webbladname LG.com en LG.co.za gekaap het om hul eie selfsugtige belange te dien? Sies Daildirect, dis nie hoe dit werk nie! Moenie ander se suksesvolle naam kaap as jou produkkie nie homself kan dra nie.

Terug na indeks

Eddie Stafford

'n Amptenaar by die hooggeregshof in Vermeulenstraat wat die oomblik as hy agter 'n stelsel wegkruip, mense minag en tot allerlei misbaksels reduseer, Ook die tipe wat in die Ou Testament gestenig sou word. Eddie is egter lief daarvoor om agter 'n klerk weg te kruip die oomblik as iemand sy geraamtetas raaksien. Hy weier om te praat oor die manier waarop hordes se menswaardigheid vernietig en as daardie wat deur hom tot skuim gereduseer is wel met hom wil gesels en probeer om die misverstand op te los, Kruip hy agter 'n dik geslote houtdeur op die sewende vloer oos weg en verwag dat sy klerk, wat onskuldig is in die hele storie, sy geraamtes moet verdedig, of beter gestel, summier ontken. En so gaan dit seker elke dag by Eddie Stafford se kantoor. 'n Medemens word geminag en ontken as medeskepsel en hy skep behae daarin om te sien hoe sy woorde honderde ontneem van 'n waardige bestaan. Waarom kruip hy weg? Is hy bang dat die wat hy so maklik stenig, dalk deur sy papierdun masker sy geraamtes raaksien? Eddie, as jy hier lees, skakel my, jy het my nommer. Ek dink tog ek verdien om te probeer om 'n waardige bestaan te voer. Jy kan mos nie bloot vir sadistiese pret ander probeer verneder bloot dat jou beeld beter moet lyk nie.

Terug na indeks

Voertuigdeure

Soms ry jy saam met my. En jy klim uit saam met my. En jy sluit nie deur as jy uitklim nie. Ek kan nie elke keer agter jou nagaan of jy die deur wat jy gebruik het, gesluit het nie. Of maak dit nie vir jou saak om 'n medemens se voertuig veilig gesluit te sien nie, dis tog nie joune nie, skade sal dus ook nie joune wees nie.

Maak 'n knoop 'n jou oor, elke keer as jy saam met iemand anders ry, en sluit die deur waar jy uitklim. Dis hoogstens bedagsaam teenoor 'n medemens wat jou 'n geleentheid gegee het!

Terug na indeks

Beaufort Wes Munisipaliteit

'n Gerespekteerde lid van die gemeenskap kry per pos 'n spoedkaartjie van Beaufort Wes. Hy besluit om maar 'n tjek vir hul te stuur. 'n Wyle later stuur 'n regsgetremde 'n nota aan hom waarin daar disresekvol op hom geblaf word en geknor (klink meer na 'n gemiaau) dat hy nie betaal het nie en dat hulle as volmaaktes nou die lae klas mens dreig met allerlei dinge wat geen waardige skepsel werd is nie. En soos die ouer garde is, betaal hy maar weer die regsgestemde prokurower. Nogal 'n mooi Afrikaanse naam soos Munnik, Basson en Dagama, maar uit hul optrede blyk dit duidelik dat dit is waar hul trots ophou. Verder niks, niks en niks.... Niemand tuis. Enkele weke later stuur Beaufort Wes se Munusipaliteit die eerste tjek terug en sê dat die bedrag reeds betaal is. Interresant dat amptenare doelbewus tjeks op tafels laat rondlê om sodoende onskuldige mense te treiter.

Terug na indeks

Hercules Poskantoor

Stap vandag by enige poskantoor in en die gemiddelde diens is goed. Binne 'n aanvaarbare tyd word die klant gehelp en kry hy wat hy soek. Ek het intussen groot respek vir die Poskantoor bygekry, want dit poog openlik om 'n geballanseerde maatskappy te wees. Daarom word die minder gewillige en swak gekwalifiseerde personeel wel ook aan die publiek opgedis. Dis interresant dat die konsentrasie van dié personeel by Greenfields en by Hercules geskied. Daarmee word die klant 'n keuse gebied van die vlak van dienslewering wat hy graag wil geniet. As jy dus goeie diens verlang, besoek gerus Totiusdal of enige ander tak. As jy egter in eg demokratiese gees sou kies om agtergeblewe dienslewering te ondersteun, besoek dan Hercules en Greenfields om dit met oorgawe vir jou aan te bied. Tog goed om soms 'n keuse te kan hê........

Terug na indeks

Charter Lewens

'n Oproep: Jy het 'n gratis geskenkpakkie gekry. Wil net 'n paar dinge van jou weet. Dan vrae wat niks te doen het met 'n afleweringsadres of 'n pakkie nie. So word op mense se hebsug gespeel om hul te probeer inboelie in 'n polis of belegging wat hul nie nou nodig het nie of dalk eers nou kan bekostig nie.

Terug na indeks

ABSA Hercules

Demokrasie bepaal dat elke mens vrye keuses het. As jy dus kies om deur bankpersoneel verkleineer te word en as ongeletterd bestempel te word, besoek ABSA Hercules. Hul spesialiseer in die degradering van die klant. As jy dus weer swartgallig voel, en 'n intense behoefte het aan aftakeling, is 'n besoekie aan dié tak net wat jy nodig het.

Net om die balans reg te stel: As jy wel een van die fratse sou wees wat kies om waardig en met respek behandel te word en diens van 'n hoë kwaliteit verlang, is daar altyd Rietfontein en Ben Swart straat takke. Takke om op trots te wees.

Terug na indeks

Toegangspaaie

Daar is baie ander plekke om jou voertuig te parkeer, maar om een of ander rede parkeer jy hom reg voor 'n ander se toegangspad of voertuighek, As ek jou vra hoekom, sê jy onthuts dat dit maar is hoe dinge gedoen word. As ek jou vra wie het hierdie norm uitgedink, weet jy nie. Wat is die kern agter die vuil gewoonte in ons gemeenskap om reg voor die perseel wat hy besoek, se toegang te parkeer?

Eintlik eenvoudig. Narcisme is die wortel daarvan. Die eie ek wat deur 'n obstruksie 'n poging tot magsvertoon daarstel. Deurdat jy die enigte toegang en uitgang van 'n perseel versper, wil jy eintlik sê dat jy nou die hele erf en sy inwoners vir jou kaap en hul die geleentheid om te beweeg ontsê. Daar is in die meeste gevalle baie meer as die enkelinge wat jy besoek, wat die toegangsroete gebruik. As jy weer by iemand gaan kuier, dink net voor jy parkeer. Deur op te tree soos 'n magsbehebte narcis, is nie baie netjies teenoor jou medemens nie.

Terug na indeks

Greenfields Poskantoor

Die ding het amper menseverhoudings verongeluk. As 'n korrespondent van die Poskantoor afhanklik is om sy familiebande te handhaaf, is dit nogal belangrik dat die stelsel werk. En werk, die werk hy. Van Naboomspruit af in 'n posbus in Pretoria minder as twee dae. Vanaf Pretoria na Bloemfontein in 'n dag. Vanaf Pretoria tot in Lagerveen (Nederland) in minder as 'n week. Puik diens, sal jy saamstem. Maar Greenfields? Geen pos wat daarheen gestuur word kom by die ontvanger uit nie. Geen reaksie as die sg. posmeester om raad gevra word nie. En as daar wel die dag 'n gespek plaaasvind, is die kerel so besig om sy eie "status' te verdedig dat hy nie die probleem hoor nie. Narcisme op topvlak. Dis aanvaarbaar dat elke instansie ook 'n swak plek iewers het, maar waarom al die swak plekke, personeel en infrastruktuur by een enkele poskantoor sentraliseer? Greenfields, skaam jou. Kyk na al die ander poskantore en leer by hulle.

Interrsante verwikkeling: Nadat die huurder van die Greenfields posbus 'n posbus op Beacon Baai gekry het, was die probleem verby. Alle pos wat aan dieBeacon Baai adres gerig is, het daar uitgekom, en dit in 'n rekord tyd. Twee plus twee is mos vier, of het ek dit mis?

Mooi so, Beacon Baai, en sies vir jou, Greenfields!

Terug na indeks

Materiële gestremdheid

Ek ek vra, hoe gaan dit. Jy begin uitwei oor jou laaste winsgewende transaksie. Oor 'n finansiële verlies, oor 'n rentekoers wat nie in jou guns is nie. Dan var ek weer: Hoe gaan dit, en jy is ontstoke, want jy het sopas vir my 'n mariële relaas gegee. Maar luister mooi na my vraag: Ek vra nie hoeveel geld jy maak nie, ek vra, aan jou as mens, hoe gaan die met die mens wat deur dieselfde Vader as ek geskep is. As ek jou weer vra hoe dit gaan, is dit uit omgee vir jou menswees. Sien die omgee daarin en moenie my omgee minag deur dit te omseil met 'n relaas oor dinge wat NIKS met jou ware welstand te doen het nie.

Terug na indeks

MTN

Die top selulere netwerk. Kliënte diens waarop hul kan trots wees. Dan sentraliseer die kommunikasie na 'n sentrale punt, met die gevolg dat al die briljante personeel wat in die verlede uit hul pad gegaan het om kliënt gelukkig te hou, nou nie meer direk bereikbaar is nie. En die enkele nommers wat wel geadverteer word beland by personeel wat op die oog af nog onder opleiding is. Dis nou maande al wat daar 'n klein probleempie met omleidings is wat net 'n drie reëls se programering op die opperateur se skerm sou kos op op te los. Maar al wat antwoord is alhoewel vriendelik en dikwels gewillig om te help, opperateurs wat nie die tegniese kennis het om die probleem op te los nie en ook nie weet waarheen om 'n faks oor die saak te stuur nie. Sentalisasie het MTN se kliëntediens drasties verswak. Dat die top netwerk sowaar sy standaarde tot op Vodacom se vlak laat daal, begryp ek nie. MTN, ons is tog nog steeds trots op jou, al het hierdie eksperiment misluk. Ons almal maak soms glipsies. Voordat hierdie nuwe stelsel sy tol eis, probeer tog om die berge kliënte wat jou graag wil ondersteun, gelukkig te hou soos tot nou onlngs. Ons het ook ons trots en wil nie graag ons standaarde verlaag deur Vodacom to gaan nie.

En moenie Cell C vergeet nie. Die ateljeelyn wat ons van hulle gebruik is puik. Maar al het hul dieselfde respek vir kliënte as MTN, wil ons graag by ons eerste keuse (MTN) bly met ons bestaande lyne.

As een van MTN se menige goed opgeleide mense hierdie lees, praat asseblief met my. Ek het net 'n klein ou foutjie wat reggestel moet word en jou kollegas kan of wil my nie help nie.

Terug na indeks

Uitgewers

Het jy al as skrywer 'n koue skouer van 'n bepaalde uitgewer gekry. Dan sal dieselfde uitgewer na die tyd die boek by 'n ander verspreider op konsessie neem (sonder dat daar so 'n reëling was). Kort daarna soek die uitgewer wat aanvanklik niks wou weet nie 'n klein voorraad. Die voorraad verkoop en twee maande later eers kom 'n fooitjie (dit wat oor is na hul "kostes") na die skrywer se kant toe. Minder as wat die drukwerk alleen hom gekos het. Intussen hou die "uitgewer" die bundels wat hul op konsessie by die ander verskaffers gekry het vir hulself en verlê dit elke keer as ons dit probeer terugkry. Hoekom is skrywers gewoonlik naby of onder die broodlyn? Moenie verder soek nie. Ek het dit nie van jou verwag nie, Lettie.

Terug na indeks

SVP

Die Munisipaliteit van Pretoria het reeds in November 2002 'n kennis se elektriese voorsienings-ooreenkoms gekanselleer op haar versoek omdat sy getrek het. Kort daarna het huurders die huis betrek en haar swaer wat op daardie stadium by die elektrotegniese afdeling was het 'n onwettige aansluiting as guns vir sy huurders gemaak. Toe die tesourie sien daar is 'n lesing, word die vorige rekeninghouer op kru wyse 'n aanmaning en allerlei regsgestemde bewerings gestuur. Ongeag die feit dat die ooreenkoms reeds van voor die verbruik reeds van haar naam af is, was dit maklik vir die munisipaliteit om eerder 'n onskuldige oud-klant te teister as om die bedrog deur 'n senior amptenaar in sy midde te ondersoek. En steeds los 'n groepie hardekwas personeel haar nie uit nie. Dog net ek wil sê, dis Pretoria die, nie Salisbury nie.

Klik hier vir SVP tesourie se webblad

Terug na indeks

Kunstenaars

Ons ly nie aan normaliteit nie. Ons is ook nie materieël gestremd nie. Ons is kreatief en dis ons wat sorg dat jy tydksrifte, koerante, skilderye en bundels in jou huis het. Ook dat jy iets op aapkas te siene kan kry. As jy weer na die skildery in jou gang kyk, 'n koerant lees wat deur 'n joernalis geskyf is, aapkas kyk en jou verlustig in die sepies en musiekprogramme, dink aan al die kere wat jy met minagting na kunstenaars verwys.

Terloop, eksentriek is nie 'n vloekwoord nie, dis 'n gawe. Ek hoor graag van meer mense met, en sonder muses.

Terug na indeks

Loot Steyn

Net toe ons dink Afrikaans is verenig, kom Loot Steyn en beweer in die pers dat hy sy beste sal doen om dié top gemeenskapsradiostasie te sluit. Rede wat hy aanvoer, Sy advertensie is geweier vir uitsending oor swak taal. Wat het hy dan verwag. Enige advertensie wat nie aan enige uitsaaier se individuele tegniese vereistes voldoen nie, word tog afgewys. En nou maak ta 'n politieke agenda daarvan. Beweer dat Jaap Diedericks sou sê dat dit iets met Alvin Bruinders te doen het. En so word nog 'n top kunstenaar in die skadu geplaas. Loot, sies man, jy is 'n goeie musikant. Moenie nou 'n molesmaker word nie. Moenie vir Jaap so beswadder nie.

Terug na indeks

Ned Geref Kerk Stellenberg

So sal dit wees. Hulle wat in witboordjieposte is en bloot die teorie van naastediens verkondig, sal hulle eie kollegas wat bereid is om in praktyk te arbei, saboteer daarin. Dit ruik na afguns, want daar steek geen rasionaal in nie. Hester het haar beste gedoen om 'n waardevolle diens aan die totale gemeenskap te lewer. Marius, 'n leraar van alle mense, se gewete kon dit waarskynlik nie hanteer nie, en daarom het hy sy senior posisie gebruik en haar versoek om dit te staak. Dan word dit nog ontken ook.

Ironie van die saak, die persoon wat die aanspreekwerk gedoen het, word nou gesien as die vuilgoed.

Terug na indeks

Kolonade, kolonale denke en Joernaliste

Eendag, lank lank gelede was daar 'n knus maar goed toegeruste winkelsentrum. Almal was welkom daar. Toe word die sentrum 'n tiener, en die dak val in van pure rebelsheid. Nadat die skade herstel is is die nuwe vleuel met 'n groot basuin bekendgestel.

Eendag nie so lank gelede nie, stap 'n joernalis deur die sentrum om bietjie te ontspan na 'n besige tydjie. So asof Rooikappie en die wolf skielik weer ontplooi, stap daar 'n wrede wolf in sekuriteits-kabaai op die joernalis af en knor saggies agter 'n verskuilde agenda. Die joernalis was egter net so slim soos rooikappie en het alles onthou wat haar ouma haar teen gewaarsku het. Die wolf grom dat Rooikappie asseblief (sekerlik nie die netjiese woord bedoel nie?) die sentrum moet verlaat omdat slegs joernaliste in diens van Kolonade welkom is daar. Rooikappie het toe nie geloop nie, maar die heks by die lekkergoedhuisie gaan sien om te hoor hoekom haar wolf nie daarvan hou dat joernaliste 'n klein belegging maak in die huurders van die sentrum nie. Die heks het met haar mooiste, geelste glimlag ewe liefies gesis dat hulle bang is dat "eksterne joernaliste" dalk iets oor die sentrum se geraamtes en maskers skryf wat hulle graag verborge sou wou hou. Toe begin Rooikappie wonder wat probeer die bestuur verskuil. Omdat Rooikappie 'n vriend het wat 'n winkel in die sentrum het, het sy weer in die sentrum gaan kuier. Tog vreemd dat die wolf in sekuriteitsklere nie die keer gekla het nie. Miskien gesien dat Rooikappie 'n gesonde belegging gemaak het in sy salaris te oordeel na haar bultende pakkies??

'n Klein bietjie snuffel verder het 'n paar interresante liplekker nuusbrokkies tussen die lyne laat deurskemer. Iets wat enige joernalis laat juk om die kladboek nader te trek......

Maar Rooikappie sal die wolf maar eers 'n billike kans gee om op episode een te antwoord. As die Wolf nie antwoord nie, is dit dalk glad nie 'n slegte idee om episode twee en daaropvolgende episodes te publiseer nie.

Intussen wonder Rooikappie net, waar moet 'n joernalis 'n versnappering gaan koop of gaan fliek as die sentrumbestuur so trots is dat hulle skepsels wat in die klas "joernalis" val, as 'n waardigheidsbreuk vir hul heiligdom ag.

Moenie net swyg nie, antwoord my hierdie keer!

Terug na indeks

Horende doof

Trien trieng. En sy antwoord. Presies opgelei om woord vir woord te sê wat haar baas haar geleer het. So gebreinspoel met haar opdragte dat sy nie hoor wat die oproeper sê nie.

"Wosbill en Bilkie, Parlement tak - dankie vir u oproep, waarmee kan ek u behulpsaam wees"

"Dis Stof hier, sal jy my asseblief na die hoofnar toe deurskakel."

"Hy is net besig op die oomblik, meneer, sal meneer 'n bietjie aanhou?"

"Ek weet nie of die meneer sal aanhou nie, maar ek sal wel"

"Ek verstaan nie?"

"Ek het toe jy gevra het of jy my kan help gesê 'Dis Stof hier', Nie 'Dis Meneer hier' nie.

"Ek weet meneer"

"Nou noem my dan soos ek myself voorgestel het. As my naam meneer was sou ek so gesê het"

"Goed Meneer"

Horende doof, deur gewoonte gebreinspoel luister baie hulptoonbankpersoneel en ontvangsdames nie 'n woord wat die oproeper sê nie. Word die oproeper op 'n titel aangespreek terwyl hy homself tog duidelik geidentifiseer het toe sy geantwoord het. En so word die identiteit van die oproeper geminag deurdat sogenaamde profesionele kommunikators nie kennis neem van hul oproepers se name nie. Dan die humor, hulle is ontsteld as jy hulle vra vir die kompetisie se telefoonnommer, want dalk word jy daar as mens raakgesien.

As jy in 'n pos is waar jy die eerste kontak na buite is, toon tog respek vir jou oproeper se identiteit. Dit skep 'n baie slegte beeld van jou werkgewer as jy nie 'n klant se essensie respekteer nie. As jy aanhou karring met 'n formele aanspreekvorm wat jou klant die indruk gee dat jy hom wantrou, gaan jy ook nie sy vertroue wen nie.

Terug na indeks

Suzaan Steyn

Ek hoor die nuus in Afrikaans. In wese ervaar ek 'n warm gevoel vir my taal wat nie gekeer kan word nie. Dan die messteek: Een van ons beste nuuslesers kom en gebruik 'n woord vir Pretoria wat enige Pretorianer laat ruk. Ons wat hier gebore is is ontgogel, want tot nou toe kon 'n mens nog 'n bulitin luister as Suzenna dit aanbied. En nou, wat bly oor. Suzaan, dink aan jou beeld as openbare persoon. Moet asseblief nie die meerderheid Pretorianers verder kwaad maak deur jou minagting van Pretoria nie.

Terug na indeks

Muisgenoot se vooroordele

Het net gewonder. Is ons grootste Afrikaanse skindertydskrif besig om ons subtiel te vergiftig? Toe daar onlangs 'n strokiesprent oor die valse profeet mohammed gemaak is, was Muisgenoot dadelik by met 'n artikel waarom dit so verkeerd sou wees. Maar as Christus elke dag ontken word, of Sy Naam misbruik word, word daar geswyg. Waarom word 'n mite verdedig, maar die Waarheid word ontken. As ek dit nie mis het nie, was goeie joernalistiek nog altyd gegrond op waarheid, en nie op dwalende vooroordele nie.

Dan nooi ons hierdie verkruppelde waarheid nog elke week in ons huise in. Ek sou graag wou weet wat die verduideliking daarvoor is.

Terug na indeks

Ego's en Voorgee

Sopas is daar 'n konsert ten bate van 'n groep versorgingsoorde glewer deue Mathys Roets en Helene Bester. Baie edel, lyk dit aanvanklik. Daar was selfs aanbiedinge van ander top kunstenaars om ook gratis op te tree. Toe laat weet die organiseerder die vrywillers dat die sterre nie graag wil optree saam met kunstenaars wat nie so groot en goed, volgens hulle, soos hulle is nie. Sonder om te luister, sonder om te hoor wat die kunstenaars wil aanbied. Amper vyftien minute se verduidelikings waarom Chrisman se naam vir hulle 'n verleentheid is, waarom hulle nie kan toelaat dat 'n laeklas kunstenaar hulle beeld skade aandoen nie en nog 'n reeks verskonings.

Ek wonder nou net: Wat is die verskuilde motief? 'n Egoreis om hul beeld goed te doen? Of 'n vrees dat Chrisman dalk beter is as hulle en dit nie goed is vir hulle beeld as hul voorvertoning beter is as die kern nie?

Terug na indeks

Kleingeld word
'n fortuin

Dis twee Januarie 2006. Twee besoekers doen inkopies by Claremont Spar. By die betaalpunt sê die kassier so ewe koel en kalm sy het nie vyfsente nie en roep dan die volgende klant. Maar Stof het vyf sent te min kleingeld gekry en hy wil dit regstel Nou begin kassier halsoorkop verduidelik dis heeltemal in orde om 'n klant te min kleingeld te gee as die regte eenhede nie in haar laai is nie. Geen fout daarmee nie. Op 'n volgende geleentheid gebreur dit toe weer. Maar toe sien die toesighouer dit en stel dit reg. Ek is nie goed met wiskunde nie, maar wonder tog hoeveel deps die kassier elke dag van klante deur die vyfsente en tiensente kleingeld wat sy terughou? Dalk is dit hoekom sy sulke netjiese juwele dra. Dog maar net ek deel met jou.

Terug na indeks

Freddi Nest en "If"

Waverley Plaza. 'n Tydelike verhoog met 'n paar gaskunstenaars. Freddi Nest is gaskunstenaar. Dan roep hy vir Sylvia na die verhoog, dra die liedjie "If" aan haar op en vertel aan die gehoor dat dit vir haar geskryf is. Hy vergeet dat daar 'n paar mense in die gehoor is wat tot op hede redelik op datum met sy musiek gebly het. Mense wat toe hy nog in Elizabethstraat gewoon het, al van hom geweet het. "If" was toe reeds geskryf, opgedra aan Sandra, die vrou wat hom deur dik en dun gehelp het om uiteindelik 'n ster te word. Sy wat saam met hom moed gehou het en opgeoffer het om hom geleenthede te gee. Nou is hy bo. Hy is 'n ster. Sandra is nie meer nodig nie. Nou ry Sylvia rond in die voertuig waaroor hy en Sandra gedroom het destyds. En Sandra probeer heel vier en regop voortgaan. Wonder net of Freddi toe hy "If" die dag daar by Waverley Plaze gesing het, tog onthou het dat dit meer is as net woorde, meer as net 'n lied, eintlik 'n ode aan 'n onbaatsugtige engel wat hom gebring het waar hy is. Dat dit eintlik 'n huldeblyk is aan die vrou wat hom gemaak het wat hy is. Dat hy Sylvia probeer gelykstel aan iemand wat kop en skouers bo haar uitstaan. En Sandra sluk dit maar geduldig. Dis goed om te weet daar is mense soos Sandra wat edel genoeg is maar anderpad te kyk. Maar ek moes net vir haar 'n lansie breek. Reg is mos reg?

Terug na indeks

Radio Rippel se na-ure bedrywighede

'n Epos word aan radio Rippel gestuur. Dit gaan oor die Huis vir Arikaanse Poësie se aanbiedinge. Dan kom die epos terug. Hulle maak beswaar teen die deelteken op die e in die spelling. Dit pla hulle blykbaar. Wat my toe nogal laat wonder of hierdie pragtige Afrikaanse stasie dalk verkskuilde motiewe het? Sou hulle wel die gerig uitsaai, sou die uitspraak ook wees so wat hulle dit gespel verkies? Rippel, alees is goed rondom julle, waarom dan nou hierdie een moedwilligheid. Ons wil goeie Afrikaanse poësie bevorder, nie die middernagtelike tydverdrywe van enkele van jul personellede nie.

Terug na indeks

Lantic Oos-Kaap

'n Wyle gelede en baie kere voor dit doen stof mos wat enige pa sou doen, om met sy kinders, wat vir hom baie kosbaar is te kommunikeer. Maar al wat terugkom is 'n antwoord. Daar kom nie eers 'n foutboodskap van 'n bediener terug nie. Net stilte, stilte. Dit terwyl hy weet dat die ontvangers van die pos baie graag wil deel, baie graag digitale drukkies wil uitdeel.

Nou die analise: Daar moet 'n verklaring voor wees. Die epos is deur die inskakelbediener, want Hetzner, die top webwerfhuisvestingsmaatskappy, se bediener dra wel kennis daarvan. En al die ander epos, buiten twee ander wat ook Lantic verwant is, is afgelewer. Dus, die lokale rekenaar is reg. Die inskakelbediener is reg. Hetzner se bedieners het, soos gewoonlik, perfek gewerk. Die laaste skakel is dus die bediener wat vir die aflewering verantwoordelik is, naamlik Lantic. So doen stof toe mos navraag oor die probleem, en in plaas van behulpsame pogings om te help, kom die aanval van die operateur dat daar moet fout wees by of die rekenaar wat stof gebruik, of by Hetzner, of op enige ander plek behalwe hulle self. Moontlikhede wat reeds uitgeskakel is. Irene Knoetze bly egter by haar mening, haar maatskappy is volmaak, daar kan nie fout wees nie.

Later sou daar 'n aanval van 'n medegebruiker van die betrokke Lantic verbinding kom dat Irene met haar sou skakel en navrae sou doen of daar nie dalk fout lê nie. Nog steeds nie by Lantic nie. Hulle is mos volmaak......

'n Epos of wat later kom daar wel 'n epos van 'n medegebruiker van die verbinding dat die eposse ontvang sou wees. Maar eers nadat ek moes navraag doen. Dit dui duidelik daarop dat Lantic die eposse wat hulle verloor het, iewers opgespoor het en wel aangestuur het. Ek was egter nog altyd onder die wanindruk dat as 'n epos gestuur is dan word hy afgelewer sonder probleme, tensy daar werklik 'n groot ramp of iets soortgelyk is was die plek getref het. Nooit gedink dat dit eintlik nodig is om te stoei en te smeek om epos afgelwer te kry nie. Wys jou net, al die ander maatskappye is toe al die tyd verkeerd!

Toe hoop die outjie dat sy probleem opgelos is, maar tevergeefs. Kort daara stuur hy weer epos aan 'n meisiekind wat verjaar en sekerlik baie angtig wag om iets te hoor. En Lantic stuur die epos sommer terug. Beweer dat die adres nie bestaan nie. 'n Adres waarheen al menige eposse versend is en sommige nogal daar uitgekom het as daar daardie dag per abuis bekwame personeel by Lantic aan diens was. Die keer was die sabotasie egter meer blatant en sonder enige poging om dit te verdoesel.

En so sterf die gewete.....

Nuwe bestuur, nuwe direkteurskwota, nuwe diensleweringsvlakke dienooreenkomstig. Dit laat 'n mens dink?.....

Deel jou ervaring met die L maatskappy met my. Ek hoor graag van jou. Ek vra net mooi, al maak hulle jou hoe kwaad, moenie vloek in die epos nie. As dit tog per ongeluk sou gebeur, sal ek dit dalk tog verstaan, want mens bly mens en geduld het ook sy perke.....

Terug na indeks