Indeks
| Heelmaak | Seënwens | Tyd | |
|---|---|---|---|
| Sadis | Glas | Pallet | |
| Jaap | Ernestine | Amelia | |
| Mickey | Lynelle | Henriëtte | |
| Marhette | Francois | Jan | |
| Jakkie | John | Anél | |
| Eddie | Mirinda | Marietjie | |
| Capo | Jana |
Blonde Inspirasie |
Met 'n benoude greep om my keel
smag ek in obskure
en donker ure
na 'n hand
wat sonder om te pand
my menswees weer kan heel
Rooikop Rissiepit met jou hart van goud,
Ek is verantwoordelikvry en vasgevang
op chronometer gebasseer
beplan jy elke oomblik
tot op mikrosekondes
en as jy hier oppak
om huis toe te gaan
dan lag jy vir jouself
want dan sien jy meteens
tyd het 'n ryker definisie
in die ewigheid
Jou wilde krete
in jou glashuis
Vanaf my swart pallet
sonder oordeel
deur ander vertrap
toe hul sê jy moenie
altyd 'n trooswoord
ontferming oor nagapie
klein bietjie vertroue
eers die ou krities bekyk
hul se jy moet my haat
stil soos 'n landmyn
met trane deel jy
spekwors en pap,
party se jou koppie raas
Deur eiewaan verblind
jou huis teen die berg
stem oor die foon
op my hart se nek
Jy het jou eerste skree geskree
Sonstrepe van wortel tot punt
bang bokkie wat wegkruip agter lig en en glans
vir jou wil ek my beste gee,
vir jou wil ek sien wen
in die eensaamheid van my eie heimat.
Sal jy 'n duetvlug met my deel
en my so help ontvlug
uit die kloue van alleenwees?
skeur die stilte
die sadis se gesig
lewensgroot
voor jou oë
net om te hoor
hierdie keer
hoef hy nie
te boor
en oppad uit
in sy wagkamer
sien jy verwilderde gesigte
in afwagting
op pyn en lyding
en hier in jou mou
lag jy
maar dalk, net dalk
is jy volgende keer
ook weer onder sy boor
voel jy veilig
want die lig binne
maak dat jy nie
die duister buite sien
tog as jy eendag uitkom
sal jy weet
kunsmatige lig
het dieselfde klank
as natuurlike duister
waarop ek verf rangskik
in verskillende skakerings van swart
verf ek vir jou ‘n selfportret
met 'n swart kwas
op ‘n donkerswart doek
Wil jy vir my pastelkleur wees,
wat my swart pallet sal kleur
met lig en kleur en doel
Sal jy vir my die wit doek wees
waarop ek die pastelle sal mag aanverf?
sonder voorgee
is jy daar
daardie oomblik
as al die ander
kleinkoppie trek
deur manteldraaiers
geminag
maar raakgesien
en waardeer
deur ons vir wie jy
so baie beteken
het jy Sy leiding gevolg
en 'n plakker in jou werf
weer kans op lewe gegee
'n drukkie
en te midde
van jou eie seer
het jou hart nog altyd
'n hoekie vir 'n ander
ontferming oor vriende
en diep in jou psige
'n diamant, nog onontgin
waar ander wou wantrou.
kans gegee aan 'n ander
en so weer
'n wrak
gehelp
om waarde
te kry
toe besluit
hy mag maar
op haar verhoog
sy hart kom deel
my paadjie vol gate skiet
maar steeds glo jy vas
dat die wrak weer
eendag sal kan loop
maar daar as 'n ander myn
my reeds
in stukke
geblaas het
jou eina en jou twyfel
en maak my dankbaar
dat jy my wou kies
om met jou te deel
en as jy op jou knieë gaan
hoor Hy jou smeking
vir genade
vir jou
vir ander
vir my
'n bak bonesop
spreek van luister
spreek van daarwees
ander noem jou roekeloos
en ons begenadigdes
wat nader
toegelaat word
weet dat jy
onvoorwaardelik
omgee, waarde gee
skep jy behae om te ontbind
dit wat heilig is voor God
minag jy met menslik spot
en as ek met jou wil deel
regstel, dit wat skeel
kruip jy weg agter 'n klerk
en dink jy maak 'n edel merk
in die hartjie van die stad
bring weer berusting
as jy deel en ontvang
en as jy die dag eensaam is
mag jy maar vra, en ons sal dra
psige agter letters
en as die stem
en letters
tot een versmelt
word
wen
weer
waarlik
moontlik
is jy vasgeklamp
en deur my toonsoort
te verander
word 'n wanklank
omskep
tot
kuns
en in my ore 'n klank gegil
wat spreek van oordeel fel
en verwerping van my menswees
Met jou eerste skree
het jy kom oordeel
het jy vir my kom sê
dat ek nie meer saak maak
Jana, jy spreek van haat
van uitsmyt en verwerp
Jana, jy is die naam
wat my essensie reduseer tot nul
Jou ontstaan spreek 'n vloek oor my
jou bestaan die stempel van my oordeel
waarom jy moes kom begryp ek nie
want woorde het my reeds geoordeel
oë wat begripvol, teer begryp
gelaat ongeskonde deur 'n kwas
mond wat van wysheid spreek
nek wat saampraat as jy deel
skouers wat gewillig saam wil dra
hals volmaak geskape, subtiel verskuil
middel wat smag na omhelsing
heupe ongeskonde, ongeskeur
knieë wat kniel en wysheid vra
voete wat die tweede myl wil loop