Stof se bundels

Splinters 1
ISBN no: 0-9584440-2-1
'n Bundel wat deur skets en poësie verskillende lewenssituasies en belewenisse vasvat vir wat dit is. Daar word gepoog om maskerloos sekere vrae te vra. Vrae waarop antwoorde dalk eerder retories moes wees. 'n Getuienisreis deur dale en hoogtes.

Splinters 2
ISBN no: 0-9584440-1-3
'n Bundel in dieselfde trant as Splinters 1, behalwe dat hier meer oppervlakkige, dog essensiële dinge gedeel word. Deurentyd blyk dit dat al hierdie dinge nie sonder God se genade moontlik sou wees nie.

'n Bondel Splinters
ISBN no: 0-9584721-1-4
Hierdie bundel is 'n omnibus van die poësiestukke in Splinters 1, Splinters 2 en 'n reeks nuwe werke wat na dié bundels ontstaan het. Dit raak verskeie lewenskwessies, deel vrae, genade en wonderbare draaipunte met jou. As jy genoeg selfvertroue het, skaf een aan en gaan delf in jou maskers en geraamtes met "'n bondel splinters" as reisgids.

Splintersketse
ISBN no: 0-9584721-2-2
'n Omnibus van verrykende woordsketse wat in Splinters 1 en Splinters 2 voorkom, asook nuwe sketse wat daarna ontstaan het. Hier word vrae gevra, antwoorde gegee, versugtinge gedeel en hoop geskep. 'n Geredigeerde weergawe van "Swerwersjoernaal" kom ook in hierdie bundel voor.

Psigoët
ISBN no: 0-9584721-4-9
Psigoët beskryf waarnemings deur poësie . Mense, mensreaksies, mensepsiges, spoke, lewenskwellings en hoop word hier geananaliseer op 'n manier waarop jy jouself in baie stukke sal herken. 'n Ware siloët van die psige. Hierdie bundel sal D.V vroeg in 2008 verskyn

Stofnibus
Binnekort op die rak
ISBNno: 0-9584440-6-40-9
'n Omnibus met 'n keur van Stof se werke vanaf 1996 tot 2007. Hier word kiste oopgemaak, geraamtes geskrop en genesing gedeel. Stofnibus as boek bestaan uit 244 bladsye. Dit sal ook elektronies op laserskyf beskikbaar wees vir die wat dit in HTML wil lees. Stofnibus sal jou minstens "drie dae en drie nagte uit die slaap hou". (aanhaling met apologie aan Nita Booyse). Hierdie bundel sal D.V vroeg in 2008 verskyn

Nieteenstaande
Amper klaar
ISBNno: 0-9584721-8-1
Daar word geswyg, daar word skanse gebou. Mense praat oor baie dinge, en is doodstil as dit by essensiële dinge kom. Nieteenstaande spreek die dinge aan. Hierdie bundel sal D.V middel 2008 verskyn

Blonde Inspirasie
Amper klaar
ISBN no: 0-9584721-7-3
Baie mense het ‘n indruk gemaak op my lewenspad, en maak nog steeds hul indruk. Hierdie bundel is opgedra aan hulle, wat ookal die aard van hul individuele indruk was en of is. Sommige mag verbaas wees, ander mag skrik.......... Hierdie bundel sal D.V middel 2008 verskyn

Om jou hande op een of meer van die publikasies te lê, klik hier.