![]() |
Baie van WA de Klerk se
werke is geen onbekendes nie; hoeveel
van ons het dit nie as voorgeskrewe werke gehad nie! Daar ek self 'n
oud-Suidwester
is, is dra hierdie boeke egter steeds vir my 'n romantiese bekoring.
In 1947, toe Suidwes nog 'n vreemde land vir Suid-Afrikaners was, vertrek WA de Klerk en sy twee vriende op 'n eerste reis om die land van nader by te leer ken. DRIE SWERWERS IN SUIDWES is die eerste na-oorlogse reisverhaal in Afrikaans. Teen 1960 het dit reeds 9 drukke beleef. |
![]() |
DRIE SWERWERS IN SUIDWES
was die eerste om aan 'n Afrikaanse gehoor
die merkwaardige oorlewingsverhaal van Henno Martin en Eduard Korn in
die
woestyn te vertel - Martin se boek VLUG IN DIE NAMIB is eers in 1959 in
Afrikaans gepubliseer.
Die stofomslag links het verskyn op die 1971 heruitgawe van SWERWERS IN SUIDWES byna 'n kwarteeu na die eerste. De Klerk skrywe 'n inleiding van 3 bladsye wat aandui dat groot veranderinge plaasgevind het sedert sy eerste besoek. De Klerk meld dit nie in sy inleiding nie, maar hy het dit goed gedink om die volle teks van die werk te hersien en verbeter soos hy dit goed geag het. Dit is interessant om die teks van die twee werke te vergelyk en te kyk hoe die skrywer besluit het om homself by die tweede geleentheid uit te druk en dan te kyk wat vir jou meer aanneemlik is . Ook is die 9de (laatste) hoofstuk van die eerste uitgawe nou in twee hoofstukke verdeel. |
![]() |
In 1952 kry De Klerk en
sy vriende weer koers na die noorde van Suidwes.
DRIE SWERWERS OOR DIE EINDERS vertel ons die verhaal van die
Dorslandtrekkers
in Suidwes.
Die boek voer ons mee oor die stowwerige Suidwes-paaie wat ons neem na Windhoek, Otjiwarongo, Kamanjab, Ehombo, Ondongua, die Etoshapan en Otavi. Oral kom die skrywer in aanraking met die nalatenskap van die Dorslandtrekkers, oral gesels hulle met die polisie op hulle eensame buiteposte, oral verneem hulle van die geskiedenis van 'n uitgestrekte landstreek by monde van hulle wat dit die beste ken. |
![]() |
Hierdie is vir my 'n
besondere bevredigende stofomslag!
Hierdie boek in 1959 uitgegee, en is 'n opvolg van die boek hierbo, aangesien dit handel oor die wel en wee van die Dorslandtrekkers ten noorde van die Kununerivier in Angola. De Klerk het persoonlik die fees op Humpata in 1957 bygewoon. Wat merkwaardig is, is dat De Klerk die eerste manuskrip van die boek op 19 April 1958 op die Johannesburgse stasie verloor het. Hy het maar net mooitjies gaan sit en die hele storie weer ooropgestel. Dit wil gedoen wees, maar het seker nie sonder gemor gebeur nie! |
|
|
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |