Sonwysers in Afrikaans |
Doel van hierdie blad |
Die DOEL van hierdie bladsy is om die besoeker se belangstelling vir sonwysers te prikkel deur 'n bietjie algemene inligting in Afrikaans te verskaf, na sonwysers uit 'n Suider-Afrikaanse oogpunt te kyk, en aan te toon watter Afrikaanse inligtingsbronne oor die onderwerp beskikbaar is, en ook skakels te verskaf na ander sonwyserblaaie op die WWW. In Europa en ander lande is daar verenigings wat hulle beywer vir die bewaring van geskiedkundige sonwysers en die bevordering van belangstelling vir sonwysers. |
Bronne in Afrikaans |
Niemand minder as die
kampvegter vir AfrikaansC.J.Langehoven
was waarskynlik die eerste persoon wat in Afrikaans
iets oor sonwysers geskryf het - reeds in 1926. Langenhoven het 'n
sonwyser
ontwerp wat rondom die middaguur ook die maand van die jaar kan
aangee.(Sien
meer hieroor hieronder by die foto van die sonnewyser wat deur hom
ontwerp
is.) Langenhoven vertel ons ook in dieselfde artikel van die
wêreld
se grootste sonnewyser (Samrat
Yantra)wat 2 eeue voor 1926
gebou
is, en het 'n eenvoudige skets daarvan in by sy artikel ingesluit.
'n Meer onlangse bron is Die Afrikaanse KinderEnsiklopedie (1987)wat ook 'n artikel oor die maak van sonnewysers bevat. Ek verneem graag van
ander Afrikaanse
bronne
- daar moet nog meer wees. |
Waarom opgewonde oor sonnewysers? |
Sonnewysers is skakels
met die verlede. Dit wys heen na 'n tyd toe
mense nog hulle daaglikse werksaamhede volgens die stand van die son
gereël
het. Elke dorp (en plaas) het sy eie plaaslike tyd gehad. Die lewe was
eenvoudiger, sake het rustiger verloop; sekondes was selde belangrik.
Dit
was voor die koms van die spoorweg, die telefoon en ander moderne
kommunikasie
middels, toe daar nog geen noodsaaklikheid vir 'n hele landstreek, wat
nog te sê die wêreld, om gesinchroniseerde tyd (ons
noem dit
standaardtyd) vir almal te hê nie.
Sonnewysers was vir duisende jare vir mense belangrik om inligting oor die daaglikse tydsverloop te verkry. Dit is reeds vir ongeveer 200 jaar nie meer 'n noodsaaklikheid nie, maar daar is 'n romantiese bekoring verbonde aan sonwysers, en as jy 'n bietjie verder delf, ontdek jy dat die maak van sonwysers 'n eksakte wetenskap is, dat die aantal moontlike modelle die verbeelding aangryp. 'n Wonderlike hoeveelheid bronne oor sonwysers en verwante inligting is via die Internet beskikbaar - meer hieroor onderaan hierdie artikel. Jy kan ook maklik jou eie sonnewyser maak. 'n Eenvoudige model sal miskien 'n paar uur neem, en daarmee kan jy dan demonstreer dat jy die onderliggende beginsels van 'n sonwyser begryp. As jy kunstig aangelê is, kan jy 'n pragtige sonwyserplaat graveer. Jy kan die uurlyne op jou sonwyser self uitmeet met die hulp van 'n rekenaarprogram van die Internet (sien skakels onder)om die uurlyne vir jou te bereken. Sonnewysers is oorspronklik ontwerp om vir mense 'n aanduiding te gee van hoe ver die son op sy baan deur die hemel gevorder het. Aangesien daaglikse werksaamhede, veral op plase en by ander buitenshuise werk, gedurende daglig verrig is, is die werksindeling volgens die stand van die son gedoen. Mense het 'n vaardigheid ontwikkel om met die ook redelike noukeurige skattings van die tyd te maak, maar die tyd soos gegee deur 'n vertikale sonnewyser teen 'n muur, of 'n horisontale sonnewyser. sou altyd akkurater gewees het. Die eenvoudigste sonnewyser was die een wat die slegs die middagmerk teen 'n vertikale muur gewys het. Hierdie tipe sonnewyser is in die noordelike halfrond dikwels deur die boervrou gebruik om die werkers vanaf die land te roep vir middagete. Ek wonder hoeveel dit vir hierdie doel in Suider-Afrika gebruik is? |
Korrekte benaming |
Terloops, volgens die woordeboeke, mag ons die benaming "sonnewyser" of "sonwyser" gebruik. "Son(ne)wyster" is egter nie korrek nie. |
Uitnodiging |
Ek verneem graag van enige persoon wat terugvoer of aanvullende inligting vir hierdie bladsy het, en verwelkom foto's of JPG's van enige sonnewysers (met hulle stories!) in Suider-Afrika |
700 v.C - 'n Bybelse Sonnewyser?8
Toe vra Hiskia vir Jesaja: "Wat is die teken dat die Here
my gesond sal maak en dat ek oormôre weer na die huis van die
Here
sal gaan?" 1938
vertaling |
Een van die oudste
vermeldings van 'n sonnewyser kom moontlik in die
Bybel voor in die tydperk 700 v.C. toe koning Hiskia regeer het - lees
die teks links.
Die 1938 Afrikaanse vertaling (en ook 'n Nederlandse vertaling van 1925) verwys direk na 'n sonnewyser, maar die hersiene vertaling vermy die woord "sonnewyser". Dit is dus onseker dat die trap van Agas wel 'n sonnewyser was, maar sluit nie die moontlikheid uit nie. Dit is ook onseker waarom dit vir die skaduwee maklik sou wees om vorentoe te skuif (miskien omdat dit die natuurlike rigting van die son was?). Ivoor- en kalksteensonwysers is in Palestina gevind. |
Franse Tuin met Middagmerk![]() |
Hierdie afbeelding van 'n werk deur Nicolas Lancret (1690-1743) toon die middagmerk (XII) bokant 'n fonteindammetjie in 'n Franse tuin. |
1781 - Franse Kasteel met Middagmerk![]() |
Hier sien ons weer die middagmerk (XII) aangebring op die muur van 'n ou Franse kasteel. Die oorspronklike werk deur die kunstenaar M. de la Prise, was getiteld Cadrans solaires (dit is Frans vir "sonnewyser") (Caen, 1781) |
1751 - La Caile se Middagmerk in Kaapstad![]() |
Hierdie ou foto toon La
Caille se sonwyser wat aangebring was teen
die binnehof van 'n nou reeds lankgelede gesloopte huis langs
Strandstraat,
Kaapstad. 'n Bronsplaat (bo reg in die middel van die foto) met 'n
gaatjie
om die sonlig deur te laat, is met 'n pen teen die muur geposisioneer
(vergelyk
met die afbeeldings van die Franse kasteel en tuin hierbo.) Teen die
muur
is vertikaal drie parallelle strepe aangebring. Die middelste lyn sou
die
presiese sontyd vir 12-uur gee op altesaam 4 dae in die jaar.
Twee
van hierdie dae is op die somer- en wintersonstilstand wanneer die son
oënskynlik bokant die steenboks- en kreefskeerkringe
'stilstaan'.
Die Franse abbé Nicolas de la Caille (1713-1762) het op 19 April 1751 in die Kaap aangekom om sterrekundige waarnemings te doen. Hy het gedurende 'n periode van minder as twee jaar meer as 10 000 sterre in die suiderhemel aangeteken, en die name van 14 nuwe konstellasies toegeken, waarvan een Tafelberg (Mons Mensae) was. |
Twee sonwysers in die Kasteel![]() westelike sonwyser bokant boog in die Kat (dwarsmuur in binne-in die kasteel)
![]() detail van die westelike sonwyser ![]() oostelike sonwyser vir oggendgebruik |
In die vroeë jare van die Kaapse nedersetting is
sonwysers gebruik om amptelike tyd aan te wys. Die nedersetting buite
die kasteel het die tyd gekry deurdat die klok in die kloktoring op die
uur gelui is. Die oostelike sonwyser bokant die dwarsmuur boog
het die tyd in die oggend aangewys, en die een aan die westekant van
die Kat langs die balkon het die tyd in die namiddag gegee. Swart-en-wit foto bo links: Hierdie sonwyser is aangebring bokant die sentrale poort in die dwarsmuur (ook "die Kat" genoem) wat die binnehof van die Kasteel in Kaapstad in twee verdeel. Let op dat die ure van links na regs gemerk is in die volgorde 10-12 en 1-6 uur. Die ligging van die muur is sodanig dat dit nie voor 10 uur direkte sonlig kry nie. |
1828 - Leliefontein-sendingstasie![]() |
'n Sendingstasie
sonwyser kan gesien word in die tuin agter die
pastorie net langsaan die kerk op Leliefontein in Namakwaland. Die
reghoekige
paneel op die voorgrond gee die korreksies wat die verskil tussen
sontyd
en standaardtyd vir verskillende jaargetye aandui. Op die wyserplaat is
die inskripsie:
This dial was presented by messrs Lodge Calvert and John Laycock of Heighley Yorkshire Great Britain to the Mission in South Africa as a token of their affectionate regard and esteem for the Rev.B.Shaw Missionary. LILY
FOUTAIN Lat 30 South Long 18''20'''East |
1831- Kuruman
Sendingstasie
|
Die tyd volgens hierdie
sonnewyser was 9-uur. Hierdie voorbeeld van
die gewone of Moorse tipe sonnewyser, kan gesien word op die gronde van
die ou sendingstasie ten noorde van Kuruman. Let op dat die ure in
Romeise
syfers anti-kloksgewys aangebring is. Dit is waar vir wyserplate vir
die
suidelike halfrond - vir die noordelike halfrond is die ure normaal
kloksgewys.
Die wyserplaat is van 'n soort leiklip (let op die streep in die lei) gemaak en bevat die datum 1831 (op deel van die plaat onder in die foto). Links van die skaduplaat is die woord "For" en regs "Lattakoo" gegraveer. Lattakoo was die naam van 'n plek wat 5 keer rondgeskuif het, maar sedert 1817 stem dit oor een met die plek wat vandag Kuruman heet. Die eerste gebruiker van hierdie sonnewyser was die Londonse Sendinggenootskap se sendeling Robert Moffat, wie se dogter Mary later met die ontdekker-sendeling David Livingstone getroud is. |
|
|
Op Oudtshoorn, in die
tuin van Arbeidsgenot, voormalige woning van
C.J. Langenhoven, kan hierdie sonwyser gesien. Dié replika
is in
1952 deur die Stadsraad opgerig. Dit is gebou volgens die planne wat
Langenhoven
in 1926 opgestel het.
Jy kan meer van Langenhoven se sonwyser ontwerp lees in die boek ...die erwe van ons vaad're wat deur Tafelberg in 1971 uitgegee is. (Die boek was in 1973 'n voorgeskrewe werk vir Matriek, en dus behoort daar nog heelwat eksemplare in omloop te wees.) Langenhoven het in 1926 'n 'bewerking' van 'n sterreboekie vir skoliere gedoen, en toe op die gedagte gekom dat elke hoërskool 'n eie sonnewyser behoort op te sit om as praktiese demonstrasie van die beweging van die aarde, die skuinste van die aardas, die jaargetye, die keertye van die ewenag en sonnestilstand, ens. te dien. By die artikel is ook aantekeninge ingesluit wat gemaak is deur G.O.Neser, afgetrede wetenskaponderwyser van die Paarl. In 1989 het voorgenoemde mnr George Neser, bekend as die "doyen van wetenskap", ook 'n sonwyser, wat hy volgens die aanwysings van Langenhoven gemaak het, aan die Kaaplandse Onderwysmuseum in Wynberg geskenk.
|
|
|
Die
sonnewyser hiernaas kan by Calvina se
Boekhuis gesien word. Die Boekhuis het behoort aan die skryfster Rona
Rupert
wat op 25/08/1995 oorlede is. Rona se eerste boek was Koningskind
van
die Hantam wat in 1967 verskyn
het - tot by haar dood het 33 kinder-
en jeugboeke het haar pen verskyn.
Die sonnewyser is ter nagedagtenis aan Rona opgerig - daarom is haar naam op die wyserplaat gegraveer. Die wyserplaat bevat pragtige graveerwerk. Op die buiterand van die wyserplaat is 6 eenhoringperde gegraveer. Tussen elke twee perde is 'n monteerskroef wat binne die blomblare van 'n botterblom geplaas is. Aan die noordekant van die skaduplaat is 'n grafiek geëts waarvandaan die sontydkorreksie vir elke maand van die jaar afgelees kan word. Die sonnewyser is gemonteer op 'n pilaarvoetstuk wat voorgee om 'n afsaalplek te wees vir 'n moeë ruiter en perd. Aan die linkerkant is 'n ysterring om die perd aan vas te maak; aan die regterkant is 'n kraan en waterbakkie. |
BROKKIES OOR SONWYSERS |
Daar is heelwat sonwysers in Suid-Afrika !!! |
|
|
By die munisipale
kantoor op Napier kan 'n sonnewyser gesien word wat
enig van sy soort in die land is.
Die sonnewyser het 'n
regop metaalpen as skaduweepen. Dit is in 1965
deur mnr. Danie du Toit opgerig. Hy het merkies aangebring vir elke
twee
minute - dit het hom 'n halfjaar geneem om die sonnewyser te voltooi.
Dit
is ook voorsien van 'n korreksietabel om die sonnetyd na standaardtyd
om
te skakel. |
|
|
Die grootste sonwyser in
Suid-Afrika (en moontlik ook in die Suidelike Halfrond?) staan
langs Vergaderdingskop by die ingang van Hankey in die
Gamtoosvallei. Die wyserplaat is 37m in diameter.
Die
skadupen staan 18m hoog, weeg een ton, en is gemaak van 'n lang
houtpaal. Die wyserplaat se uurmerke is van
sementblokke
gemaak. Die sonwyser is in 1988 opgerig deur mnr. Dirk Schellingerhout, 'n boer in die Gamtoosvallei & inwoner van Hankey. ('n sekere mnr. Crebo het ook inligting aan mnr. Schellingerhout verskaf.) Ene Herbert, 'n Engelsman en skrywer van die boek "Sundials Old and New" het 'n wensdroom gehad om 'n groot sonwyser op te rig, maar kon weens ruimte gebrek nie dit doen nie. In sy boek het hy egter instruksies gegee oor hoe dit gedoen kan word. Dirk Schellingerhout het basies hierdie plan gebruik, en Dirk het later aan die uitgewers van die boek laat weet dat Herbert se droom nou bewaarheid is. Die sonwyser dien ook as monument vir die 160-jarige herdenkingsmonument sedert die stigting van Hankey.
Die sonwyser is oos van Hankey - langs die koppie waarop Sara Baartman begrawe lê [Patensie is 13 km verder.] Mnr Schellingerhout is in Aug 2005 oorlede op 90 jaar. [Bron: seun J Dirk Schellingerhout wat ook goedgunstiglik die fotos voorsien het .]
|
|
|
In die ou Kompanjiestuin was 'n sonwyser met die jaartal 1781. Ongelukkig is dit in 1995 beskadig deur diewe wat die bronsmetaal vir skroot verkoop. |
|
|
In 1991 is 'n ou sonwyser wat deel is van die Kemper-museum se versameling, vir die eerste keer behoorlik ingestel. Dit is gedoen deur mev. Belinda Gordon, die kuratrise. Sy is gehelp deur mnr. Taetse Vorster, wat die sonnewyster op 'n voetstuk gemonteer het,, en mev. Noëlle Seymour, wat die koperskadupen aangebring het. Hierdie pen is geskenk deur mnr. Ronak Wiesnifski van Pietermaritzburg. Voorwaar 'n spanpoging! |
Stasietuin, Kaapstad |
Die sonwyser wat in die stasietuin opgerig is met die 75ste bestaansjaar van die spoorweë is in 1992 beskadig deur vandale wat die bronsmetaal vir skrootgeld gesteel het. Daar was geen aksies om die sonwyser te herstel nie, aangesien bouwerk vir die perseel beplan is. |
|
|
|
|
|
By die N.G.Kerk op
George, langs die paadjie na die hoofingang, is
'n sonwyser wat meer as 125 jaar gelede deur die landmeter Edmore
opgerig
is. Sonwysers bly die teiken van skrootversamelaars en die poging hier om hulle kloue van die sonwyser af te hou ontsier ongelukkig die voorwerp wat beskerm moet word. |
|
|
Hierdie ongewone grafsteen is in Hermanus se begraafplaas.
Met my besoek in 2000 was die skadupen ongelukkig al lankal vir skroot
verwyder. |
|
|
By 'n ou skoolgeboutjie by Klaarstroom (aan die noordelike
ingang van Meiringspoort) het ons in November 2001 op hierdie netjiese
sonwyser afgekom |
|
|
Hierdie interessante sonwyser kan gesien word in die tuin van een van die geboue van die museum komples. |
|
|
Hierdie mooi versierde wyserplaat pryk in 'n tuin naby die Hugenote monument. |
|
|
Hierdie ongewone grafsteen met 'n sonwyser op staan by die grafperseel van Christo Stofberg & sy gade Kathleen. Dit kan in Villiersdorp se begraafplaas gesien word. |
|
|
By baie sonnewyser is
een of ander gedagte verwoord - meestal hou dit
verband met die eenrigting gang van tyd. Sommige daarvan is pittig,
ander
meer formeel.
Hierbo, by Leliefontein, sien ons: Elken uur verkort't Leven Agter die Presidensie in Pretoria is 'n sonnewyser met die Latynse woorde Pereunt et imputantur opgeteken in die voetstuk. Dit beteken: Dit wat verbygegaan het, is nie verlore nie, maar is in berekening gebring. |
'n Baie groot Sonwyser in Indië![]() |
Die briljante sterrekundige-koning Raja Sawai Jai Singh II het gedurende die jare 1726-1734 'n versameling van reuse formaat sterrekundige instrumente in Jaipur by die Jantar Mantar sterrewag opgerig. |
![]() |
Die grootste hiervan is
die Samrat Yantra ("die koning van instrumente"), wat 'n sonwyser is waarvan die hoogte 30 meter is en die wydte 44 meter. Die straal van die boog is 17 meter. |
![]() |
Die koepeldakkie op die
bopunt van die skadumuur word deur priesters
gebruik om aankondigings te maak oor hemelverskynsels.
Aangesien die helling van skadumuur parallel is met die aardas, kyk 'n mens in die foto heel links na 'n punt wat met die noordpool van die hemelruim ooreenstem - d.w.s. daar waar die Poolster in die Noordelike Halfrond snags sigbaar is. Die skaduwee van die skuinsmuur val op die marmerboog soos gesien word op die foto hiernaas, en die sontyd kan afgelees word op noukeurige uitmetings op die marmer. |
![]() |
Die Samrat Yantra is inderdaad akkuraat genoeg om die tyd, met die hulp van 'n sigstok, tot die naaste 2 sekondes af te lees! |
![]() |
Die booggedeelte van die sonnewyser is met marmer uitgeplavei, waarop die tydskaal baie akkuraat gegraveer is. |
![]() |
Die groot formaat instrumente is gebou omdat die koning onakkuraathede in die Europeses sterrekundige tabelle ontdek het, en die afleiding gemaak het dat die konvensionele geelkoper instrumente te klein was om akkuraat te wees. Hy het dus sy vergrote instrumente met klipwerk en sement gevorm. |
![]() |
Die helling van die reuse skadumuur van die sonnewyser is 27 grade, wat ooreenstem met die breedtegraad van Jaipur. |
Skakelsmet'n Suider-Afrikaanse konteks |
Die Hartebeesthoek Radio-astronomie Observatorium se "Make your own walk-on Sundial" webblad. Hier sal jy ook goeie skakels oorsese sonwyser webblaaie vind. Helga Nordhoff's Sundial Pages |
|
|
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |