Die Conradies praat ..... oor Conradies!REAKSIES OP DIE CONRADIE-WEBBLAD(1)
Ek wil net vir jou sê dat ek jou blad
geniet het, veral oor Karoopoort, siende dat my mense ook jare gelede
uit
die Koue Bokkeveld gekom het. Goed gedoen en ons hoop meer mense doen
dit. (2)
Dit was vir my wonderlik om deur die geslagregister
te werk. My pa het ook daarna gekyk en is baie opgewonde daaroor. (3)
Ek is baie bly om te sien dat iemand aktief die
argiewe vir ons nasate bewaar. (4)
Ek het vannaand op die familie register van die
Conradies afgekom en kon nie vinnig genoeg deur die register lees om te
sien of my familie ook gelys is nie. (Ongelukkig
was die name nie daar
nie - maar Ezilde is besig om die hele legkaart van haar familie te
voltooi,
en kry baie genoegdoening daaruit. - Pieter) (5)
Ek is baie bly iemand het uitendelik die inisiatief
geneem om dit op rekenaar te sit, en veral ook dat dit beskikbaar is
vir
almal wat trots is op hulle stamnaam. (6)
Ek sien vanoggend in Die Burger ook jou briefie
aan die Conradies. Dit lyk my op die webwerf het heelwat uit die
geskiedenis
bygekom. Welgedaan! Ek het al gewonder of daar 'n pakket op
die mark
is waar die goed hiërargies voorgestel kan word en dat 'n mens
sal
kan "drill down". Dit sal nogal lekker wees. (7)
Baie dankie vir al jou inisiatiewe. Ek dink dit
is wonderlik. Ek sal spoedig die webbladsy besoek, en indien nodig, vir
jou bykomende inligting oor die Conradies wat ek ken stuur. Ek het nog
altyd baie belang gestel in die Conradie geslagsregister, en het ook
die
1978 uitgawe. (8)
What a suprise to see my familie on the internet.
I realise that you appear to be geared up towards the Afrikaans side of
the family tree, but there are a vast number of englis speaking
Conradie's
in South Africa too (I am on of them!). Maar moet nie bekommerd wees
nie,
my Afrikaans is redelik vlot, en geen probleme met Afrikaans nie. Dit
is
interessant dat die famielie wapen op jou Web Blad die selfde is wat my
Oupa en Ouma het. Ek hoop dat meer oor my familie van jou gaan hoor. (9)
Uitstekend, waardeer die harde werk. Ek sou graag
dit gekoppel wil sien met "familie stamboom" sagteware wat dit maklik
sou
maak om familiebande op te spoor, en in diagramvorm bv uit te plot. Dit
sal oulik wees as mens vinnig kan kyk of jy en iemand anders familie
is.
Ek het al bietjie met dit gespeel en is bereid om te help indien nodig.
My pa is baie lief vir hierdie dinge, en het 'n paar datums wat
verkeerd
in die boek gepubliseer is, wat hy vir u sal aanstuur. Ek het die files
op 'n disket gesit, en sal dit vir hom neem. (10)
'n Vriend van my het vir my ge-vonkpos van jou
brief in Die Burger oor jou soeke na Conradies, en ek het toe op die
Webwerf
ingegaan. Ek dink dis fantasties, en baie geluk, en groot
dankie
vir jou harde werk. (11)
Ek het vandag 'n groot geluk getref om op jou
webtuiste af te kom. Ek het die hele Conradie stamboek
uitgedruk
vir my ma, en met angstigheid in my hart gesoek tot ek haar en haar
broers
en susters se name gekry het. Was baie opgewonde.
Ek het ongelukkig
nie iemand hier gehad om dit mee te deel nie. Wie stel nou
eintlik
belang in jou voorvaders as jyself? (12)
Dankie vir die inligting. Dit was 'n interessante
verrassing. Ek het vanaand so vinnig ingeloer by die
werf.
Lyk lekker en ek sal by 'n ander geleentheid langer daar
kuier. Dit
het iets aan my gedoen toe ek my voorlander se handtekening die eerste
keer gesien het. (13)
Dankie vir die inligting. Mnr Bleibaum (sien
Duitse Voorvaders), wat die
belangrikste Conradie genealogiese navorsing
in Hameln, Duitsland gedoen het, en ek, het 'n paar keer oor en weer
gekuier.
Ek sal die webbladsy besoek en kyk of die inligting daar korrek is(!) (14)
Ek is geweldig bly dat ek jou brief in die Volksblad
raakgesien het. Ek moes dood eenvoudig reageer nadat ek 'n bietjie
rondgekrap
het in daardie UITERS INTERESSANTE webblad! Ek gaan nog baie daar
rondkuier.
Ek was nog nooit een wat oorboord gegaan het oor familie en die klas
van
ding nie. Soos die uurglas egter aanloop besef 'n mens egter dat dit
belangrik
is om ook die wortels van die boom te ken en te bewaar. Ek was
aangenaam
verras om te sien dat my broer se oudste seun, Wim, reageer het op jou
nuusblad. (15)
Iemand wat saam met my werk, het die naweek op
die register afgekom, en die inligting vir my gebring. Ek was nogal
verbaas
om my naam op te spoor! Ek mag u dalk van meer inligting oor die
Conradies
van Hoopstad, Hertzogville, Boshof en Bloemhof kan voorsien. Ek sal
egter
eers 'n bietjie navorsing moet doen. (16)
Ek is getroud met Alexander Floris Conradie,
en is net so opgewonde oor die Conradie inligting wat ek raakgeloop
het,
as die res van die familie. My skoonpa verjaar vandag, en as geskenk
vir
hom, het ek al die inligting uitgedruk, 'n mooi voorblad ontwerp, en
laat
bind. Dit was natuurlik 'n groot verrassing vir hom! Kan jy asb my
inligting,
asook ons kinders by die stamregister voeg. (Groot was my verbasing toe
ek sien dat die Conradies se stamvader ook Friederich was.
Ons jongste
(noemnaam is Frederich) is vernoem na my pa, nl. George Frederick.) (17)
Dit was nou 'n aangename verrassing om die E-pos
te ontvang! As gebore Conradie is my stamboom ook van groot waarde, en
ek probeer ook om so ver moontlik familie geskiedenis en fotos te
bewaar.
Ek was nie bewus van die volledige opname wat bestaan nie, en is
werklik
verras dat daar soveel van my stamboom bekend is. Ek sal jou meer van
die
detail laat kry, soos jy opmerk -- die Internet en E-pos is darem 'n
wonderlike
ding. Was ek nie verras om ons familie wel daar te kry nie, met my naam
sowaar opgeteken!!! Dit is nou heel gepas dat ek gewapen met die nuwe
informasie,
en die wete dat dit sentraal gedokumenteer word, die Kersfees, en met
die
draai van die millennium, ons familie geskiedenis kan uitrafel en
agtermekaar
kry. (18)
It is great to have access to a Conradie web
page - thanks for all the hard work. I will check your birth register
to
determine whether my side of the family appears or not. I will spread
the
web page address around my family. (19)
Ek het gister, en vandag, so vinnig geloer na
jou webwerf van die Conradie familie. My ma is 'n nooi
Conradie,
en het so paar jaar gelede intensiewe navorsing oor die Conradie
familie
gedoen. Sy het die Conradies 'n paar families voor
dié wat
Suid-Afrika toe gekom het teruggespoor. Sy het 'n boek met
die familie
se geskiedenis, foto's, registers en stambome opgestel, en tussen haar
tak van die familie versprei. Sy stel altyd baie belang in haar familie
se genealogie --- Dan het ek net iets om op te merk in verband met die
familieplase... Nog 'n Conradie familieplaas wat nie genoem
word
nie is Mierkraal. Dit is 'n plaas in Bredasdorp distrik, en
is al
meer as 100 jaar in die Conradie familie se besit. My ma se neef boer
op
die plaas. (20)
Baie verras om die knipsel uit die Burger en
Beeld, op een dag, uit twee bronne te ontvang. Die werf lyk
uitstekend,
en ek was bly om te sien dat die bygewerkte inligting, wat ek in 1997
op
Buffelspoort ingedien het, reeds in die register verskyn. Ek
dink die
alfabetiese lys gaan meer as enigiets anders help om die register
toeganklik
te maak en mense sover te kry om dit by te werk.
Baie geluk en baie
dankie - ek is nuuskierig om oor Lady Ann te lees en die oupa wat onder
die wa beland het. Sal vir jou bydraes stuur soos en wanneer
beskikbaar. (21)
Greeting from a Conradie who lives in Singapore!
My brother, Martin emailed me, and told me about your wonderful work
updating
the Conradie Geslagregister, and setting up the Website! Well
done,
and congratulations on a good job well done. I have lived here for 9
years, and
have the 'Conradie Geslagregister' by H.N. Conradie
here with
me. I am married to a
Malaysian who is of Chinese parentage. For
our children I feel their heritage as Conradie descendants is very
important.
So I am thrilled at what you are doing! In Asia it is
customary for
women to keep their maiden names, and so the name Conradie lives on in
Singapore in all my financial and business dealings here. I am the only
Conradie living in Singapore!, If you, or any other Conradie's pass
this
way on holiday, please feel free to contact me. (22)
Ek het toe ons Internet-adres besoek , en wat
'n lekker ondervinding! (23) Ek het die
artikel oor die Marburgse
Conradie geskiedenis
gelees, en dink dit is uitstekend. Ek kan
min fout of kritiek lewer. In 1987 was ek in Marburg: ongelukkig net
vir
'n dag, en dit is 'n pragtige plek. 'n Mens ervaar 'n geweldige
nostalgie
en voel klein. Ek het die dag by die plaaslike owerheid 'n 2 uur of wat
deurgebring waar 'n baie entoesiastiese Duitser (sy amp ontgaan my nou)
my na die universiteitsmuseum / genealogiese kantoor geneem
het,
en van die boeke gewys het. Hy het inderdaad die Cuntz/Conradie saak
net
so verduidelik in jou artikel, en dit was duidelik dat die
naamwisseling
net mooi posgevat in die tyd dat die oupa geleef het. Daarna het ek die
plaaslike telefoonboek deurgegaan, en na 3 verskillende plaaslike
Conradi's
toe gestap, en kan jy glo, ek kon nie een tuis vind nie! My tyd was
ongelukkig
op, en ek moes weer die trein haal. (24) Dit was nou 'n groot
lekkerte om op jou werf te beland, en uiteindelik
na soveel jare van wonder "van waar gehasi?"die geslagsregister te kon
beskou. (En later na vele aanvullende inligting): Baie dankie
dat
jy so baie moeite doen met 'n ander ou se familie! Dit is vir my 'n
voorreg
om te kan meewerk aan iets wat 'n mens vir die nageslag kan gee. (25) Dit is vir my iets besonders dat ons hele Conradie geslag al so verontdek is en ek wil graag die volgende byvoeg ten opsigte van dieonderstaande... Groete, Dawie Conradie (26) Ek het op die familie register afgekom- wonderlik dis pragtig om so baie
inligting oor ons familie te he! ..... Weereens dankie vir die wonderlike webblad!
(27) My ma was 'n Conradie en ek stel belang in ons familie geskiedenis. Deur 'n neef van my het ek van die Conradie register geleer en dit gister beskou. Ek moet sê dit is 'n wonderlike dokument. Rob Eales (Australië) (28) Dit was 'n wonderlike verrassing om hierdie baie goed opgedateerde familie register - wat my familie betref - te kry. Ek was opsoek na iets totaal anders toe ek op dit afkom. Ek moet sê ek is rêrig nogal verbaas oor hoe goed dit op datum is. Waar kry oom al die inligting? Ek is volgens die register c1d5e1f3g6h8i2j1k1. En wat ek wonder waar oom uitgevind het dat ek aan die Stellenbosch studeer? Dit is baie lekker gewees om bietjie daar deur te lees en te kyk waar ek rêrig vandaan kom. Alles van die beste. Manie Conradie (29) Ek was baie verbaas om so 'n insiggewende webwerf oor die Conradies te kry op die internet. Dit blyk of jy en jou span baie moeite gedoen het. Ek wil jou komplimenteer, dit is puik! Ongelukkig kry ek nie my familie stamboom op die register nie. Nie my pa, oupa, oupa grootjie ens. nie. Ek glo dit sou 'n onbegonne taak wees om elke Conradie se besonderhede op te spoor en op die lys te plaas.Gelukkig leef my pa nog en hy het meeste van sy pa en oupa se besonderhede sowel as sy ooms, tannies ens sin. Hulle was oorspronklik van Klaasvoogds. My oupa het daar geboer en die hele familie is op die plaas begrawe.Ek sal graag wil vasstel hoe ek ook ons familie "been" kan opdateer. Sal jy my asb laat weet wat nodig is vir die aanvulling van ons geslag.Dankie vir jou moeite sover en weereens baie geluk, die webwerf is baie interressant. Johann Petrus Conradie (30)First in Dutch, Hallo piet.
Ik las op internet jou site. Ik vroeg me af of Conradie een echte Zuid
Afrikaanse naam was. Ik ben namelijk benieuwd waar dit vandaan
komt. Groeten Jurjen Conradie (English) Hello
Piet, When I was surfing on the web I found your site about
the Conradie "history" I was wondering if this is a real common South
African name, this because my name is also Conradie and I
wondered where that is coming from. Sincerly yours Jurjen Conradie
Zwolle, The Netherlands
(31) My seuns het my gisteraand tot na middernag besig gehad met
hulle vrae oor hulle stamboom. Ek sou graag ons besonderhede wou
laat aanbring op die register
maar weet nie waar om te begin nie. Is daar dalk iewers 'n
stamboom
geteken waarna 'n mens kan kyk, die seuns sal dit soveel meer
geniet? Groete Lindie Conradie (by die see) [Durban]
(32) Eerstens wil ek baie geluk se met n briljante website,dit
moes sekerlik lank gevat het om te skep. Ek is die oudste dogter
van Witchious Van Zyl Conradie. Sy nommer op jou stamboom is (1394)
c1d8e7f4g2h2ilj3. Hy was getroud met Loretta Pieterse van
Worcester. Ons is twee kinders;
Lenitha Magdalena Conradie 06/04/1983
Witchious Van Zyl Conradie 26/09/1985
Dit sal rerig wonderlik wees as jy my en my broer kan
toevoeg tot die stam boom as trotse Conradie's. Indien jy
enige verdere inligting nodig het moenie huiwer om my te kontak
nie. Byvoorbaat dankie.
Lenitha Conradie(33) Ek het in 1999 met jou gekontak en informasie gestuur oor ons been in die familie. c3d5e7f5g12 My vader: Alexander Conradie geb 14.7.22 het aan beweeg hemel toe op die 5 Feb 2002. Die gat is maar nog groot wat hy agter gelaat het want soos alle Conradies, was hy 'n groot gees! Net daarna het ons geimmigreer UK toe en woon tans net buite Newcastle Upon Tyne, NE UK. My mammie het in Sept by ons kom aansluit. Dit is heerlik hier in England en die Here is vir ons baie goed. Baie dankie vir jou liefde met die familie register. Ek het toe ek hier gearriveer het 'n kursus gedoen in familie register werk en dan besef jy eers hoeveel ure, dae en maande jy daaraan moes spandeer. Ek kon darem my man se familie (wat van UK is ) terugspoor tot vroeg 1700. Toe kom sy ouma uit Australia uit en hy besluit toe dis miskien nou tyd om te stop. Maar ek het dit geweldig interessant gevind en dit kan nogal 'n voltydse gogga word. Vriendelike familie groete Blanché Phillips (nee Conradie) (34) My naam is Francois Stephanus Venter en ek lees vanoggend oor my eie stamboom en soek na Francois Stephanus Venter in Suid Afrika. En toe kom ek op die Conradie Stamboom af. Nou ek is 'n Venter by van maar in hart en siel 'n Conradie want ek het op my ouma se plaas in Robertson, Die Heuwel , Klaasvoogds oos byna grootgeword. Ek is daar gebore. My ma was Catherine Elizabeth Conradie en Haar ma Magdeline Kriel. Ek sê op my ouma se plaas want my oupa is dood toe my ma 5 was en ek hom dus nie kon ken nie. Daar was geen seuns wat gelewe het van my ma se geslag nie en dus geeneen om die Conradie van voort te dra nie. My ma se jongste sussie leef nog en ek sal by haar meer kan uitvind. Ek sal graag wil weet waar die familie inpas en meer wil lees en weet. Ek sal bly wees as
|
|
|
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |