skrywer
c2d4e8f13g5 Hendrik
Ludolph Neethling Conradie (1889-1979)
Die
Nu Munster Conradie-familieplaas is geleë op die
pad tussen Worcester en Ceres, en langs die Breërivier,
omtrent 3
of 4 myl van waar die pad aansluit by die Wolseley Ceres pad in
Mosterthoek
(Mitchellspas). Groot dele van die plaas is eilande tussen
die verskeie
strome van die rivier.
Die plaas het
ons voorsaat, Johannes Hendrik
(bl),
seun van ons stamvader, Frederik, se eiendom geword nadat hy met die
eerste
eienaar se dogter Rosa
Swanepoel getroud is.
Omdat al die
Conradies uit hierdie Johannes Hendrik stam -- sy enigste broer Frederik
moes klein gesterf het -- het al die Conradies van hierdie plaas af
uitgesprei
na verskillende dele van die land. Of Johannes sy laaste
rusplek
hier gekry het, kan nie bewys word nie, maar dit is
waarskynlik.
Sy seum Pieter
(c2) moet ook hier begrawe wees, en c2d4 Pieter
Jacobus is hier oorlede op
7.10.1838 en hier begrawe. So laasgenoemde
se seun Willem Stephanus
(c2d4e6) en dié se seun Hendrik
Francois (c2d4e6f5).
In my
kinderdae was ek eenmaal hier saam met Frans Möller,
seun van Catharina
(Tannie) c2d4e6f13. Toe het daar twee broers
met nog getroude kinders op die plaas gewoon. Daar is gepraat van die Bohuis
en die Onderhuis.
Ons het die aand in die Onderhuis deurgebring
en geslaap. Van die jongmense in die huis was Gawie (c2d4e6f6g5)
en Margaretha
(g6), en die geselskap was lewendig, met baie gelag.
Ek weet van vyf gesinne wat later op die plaas gewoon het.
Die pad het
oor die werf gegaan en die Onderhuis het teen
die pad aan die noordekant gestaan. Al die ander huise was
aan die
anderkant van die pad met die groot Bohuis omtrent 50 tree van die
pad.
Hierin het ou Oom Hendrik
(c2d4e6f5) en Tant Sophia
(Möller) in die noorde deel en hul seun Pieter
Jacobus (c2d4e6f5g5>
in die ander deel. Sy broer Willem
Stephanus het in die huis agter
die groot huis gewoon, en Oos van die groot huis, het c2d4e6f6g2 Willem
Stephanus van die Onderhuis
gewoon. In die Eilande het gewoon Hendrik
Francois Bohuis en c2d4e6f6g3 Pieter
Jacobus Hugo Onderhuis.
'n Paar myl van Nu Munster, na Worcester se kant, het Frans
Bohuis
op La Plaisant gewoon, later op Romansrivier. Op Die Erf, 'n myl na
Ceres
se kant, het Oom Hendrik Möller gewoon, wat later na Wolseley
getrek
het. Koos Möller was my en Frans Möller van
Koelfontein se maat.
Staaltjies
van Oupa Pietjie (2d4)
Voor Nu
Munster se voordeur het groot klip gelê.
Van die klip word vertel dat Oupa Grootjie later so swaar van lyf
geword
het dat hy nie meer op sy perd kon kom nie. Hy het toe 'n groot
beloning
beloof aan die een wat hom 'n groot klip sou besorg vanwaar hy op die
perd
sou kan klim. Sy dogter het die beloning gekry, want sy het
met behulp
van volk daardie klip daar gelewer. Nou lê die klip nog
onbeweeglik
daar.
Die Oupa
Grootjie, wat 19 kinders gehad het (by twee vrouens),
het altyd tyd gevind vir 'n grappie of poets. Op die plaas
het ook
'n Gerber gewoon wat nie met 'n oorvloed van verstand bedeeld was nie,
maar darem genoeg om skoene te repareer. Hy het 'n perd
gehad, maar
kon nie altyd sy perd uitken nie. By een geleentheid vra hy
vir Oupa
Pietjie om hom 'n perd te leen, om na Worcester te ry, daar sy eie perd
se pote seer is. Oupa sê goed, maar laat Gerber se
eie perd
opsaal, en vir hom bring. By Plaisant ry Gerber aan, en
vertel watter
goeie man die neef Pietjie is. Hier het hy nou weer vir hom
'n perd
geleen. Die mense sê : "Dis dan jou eie
perd!"
"Dan het hy my weer verneuk!"
Een aand het
Gerber gaan springhase jag, en het Oupa se
wit perd doodgeskiet. Die volgende dag vat Oupa die geweer, stap na
waar
Gerber by die skoene sit en sê: "Jy het gisteraand
my perd
doodgeskiet, ek gaan jou nou doodskiet". Gerber spring op, en hardloop,
en Oupa skiet 'n skoot agter hom. Toe hy by Plaisant kom, kla hy :
"Neef
Pietjie het my doodgeskiet."
Een aand het
'n wewenaar, wat op 'n naburige plaas woon,
daar kom kuier. Daar het ook 'n weduwee gekuier. Die mans het
laat
gesels, en die weduwee het al gaan slaap. Oupa vertel toe
later vir
die wewenaar dat hulle kerse op is en sê: "Maar jy
ken mos
dle kamer en sal sonder 'n kers kan uittrek." Hy vat hom toe na die
kamer
waar die weduwee in dle bed lê. Toe hy meen dat dle wewenaar
uitgetrek
is, gaan hy in met 'n brandende kers en sê? "So, dan slaap jy
by
'n weduwee." Die ou man was bitter kwaad, en wou net
voetsleep huistoe.
Oupa moes mooi soebat dat hy bly, want die wolwe was volop, en sou hom
opvreet.
Oupa Pietjie
het egter ook geweet om vir sy twee vrouens
en neëntien kinders te sorg. In sy testament het hy aan elke
kind
'n ledekant bemaak, en aan sy tweede vrou onderandere die wa, en 8
perde,
met staanplek in die stal vir die agt perde. Die ou stalle, of 'n deel
daarvan is nog op die plaas.
Oupa Pietjie
se broer Willem Johannes (c2d5) het na Richmond
(toe in die Graaff-Reinet distrik) getrek, en het daar 'n kroos verwek
wat nie vir Oupa Pietjie se eie in getalle agterstaan nie. Hy het
egster
later weer op Nu Munster kom kuier, want van sy kinders is op Tulbagh
gedoop.
LINKS
Nu Munster se Familie begraafplaas. Daar is veel meer as net Conradies
begrawe. Sommige van die ou grafskrifte is feitlik onleesbaar, en daar
is 'n aantal grafte sonder grafstene.
Swellendam en
Graaff-Reinet se Conradies moet dus almal
spruit uit stamvaders wat op Nu Munster gebore is. Dit is die Mecca,
waarheen
menige Conradie sy pelgrimstog kan onderneem. Hulle sal dan nog 'n
Pieter
Jacobus daar aantref, wat op sy oudag, net so swaar van lyf, en meen
ek,
netso gasvry as sy oupagrootjie is, en hy is ook met 'n nooi
Lötter
getroud - oupagrootjie se tweede vrou was 'n Lötter.
Ek het nog
van my Oupa Grootjie se kinders geken.
My Oupa Daniel (c2d4e8) -- eerste eienaar van Koelfontein -- het ek nie
geken nie, want hy is oorlede in 1888, die jaar voor my geboorte, maar
sy halwe broer (e16) Pieter
Jacobus het ek in sy ou dag
geken, toe
ek by hom en Tant Miemie (c1d2e4f7) loseer het in 1907. Hy
was "Oom
Dik Piet" en het aan geheueverlies gely. Hy het
soms koers
gevat die strate in, en ek of iemand anders moes agterna gaan om hom
terug
te bring.
(Tant Miemie
was die dogter van Hendrik
Francois
(cld2e4) van Romansrivier, later Ceres. Hy was diaken van Tulbagh se
gemeente
onder ds. Shand.
Hierdie streng leraar het geweier om vir
Tant Miemie te doop, omdat haar pa op Sondag met sy ossewa gery het op
pad van die Kaap, en dit was een van die oorsake van die afstigting van
die Kruisvallei gemeente. Tant Miemie was die goedheid self
en vol
liefde.)
Van hul
kinders het ek geken:
- c2d4e16f2 Maria Magdalena
getroud met Petrus Lodewikus
Theron (cld2e4f1g4) van
Leeufontein, Ceres, en al hul kinders.
- f4 Susanna
getroud met Hermanus Zulch en al hul kinders.
- f8 Hester
getroud met Nicolaas Vlok en al hul kinders.
- f10 Johanna
getroud met Philippus Malherbe en haar
kinders minder goed.
- f12 Ernst Lodewikus
(Boy) was destyds nog ongetroud
en kleremaker op Ceres. Hy is later getroud met Hettie Malan van
Wellington.
Na hy twee kinders by haar gehad het, het hy homself verongeluk met 'n
skeermes.
Van
c2d4e6 Willem Stephanus
se kinders was
- f1 Anna Debora
getroud met mv oupa Hendrik Ludolph
Neethling, maar sy is oorlede twee jaar voor my geboorte.
- f3 Pieter Jacobus
is met my se suster Margaretha (c2d4e8f6)
getroud, en hulle kinders het ek byna almal geken. Hulle het Christiana
toe getrek.
- f4 Hester
was met my pa se oudste broer Daniel (c2d4e8f4)
getroud, en sy was my ander ma op Koelfontein. (Sien my beskrywing van
"Koelfontein en sy mense soos ek hulle geken het.")
- f5 Hendrik Francois
kan ek nie onthou of ek hom gesien
het nie, maar van sy weduwee Tant Sophia weet ek dat sy in die Bohuis
gewoon
het. En haar kinders het ek almal geken.
Vir
c2d4e6f5g3 Oom Frans
het ek goed geken toe
hy op Plaisant gewoon het, want in 1911 en 1912 het ek baie by sy
dogter
gekuier, en weer omtrent 1930 met my gesin 'n paar dae op Romansrivier
by hulle gekuier.
Intussen het
daar 'n hofsaak plaasgevind tussen hom en
my neef Danie Rossouw, eienaar van Plaisant oor waterregte. Ek weet te
min hiervan om daaroor uit te wy. Maar ek onthou dat Oom
Frans baie
bevriend was met Oom ryk Rossouw wat op Wolseley gewoon het, sodat hy
gemeen
het dat hy Plaisant van Oom Rossouw gaan erf, maar intussen is my neef
Danie Rossouw van Dassieklip, P.A. Hamlet, met die Oom Rossouw se
dogter
getroud, en Oom Frans het kennis gekry om Plaisant te
verlaat. Solank
hy op Plaisant gewoon het, het hy Romansrivier se water op Plaisant
gebruik
en nou dat hy op Romansrivier woon, het hy sy plaas se water wegkeer,
en
hieruit het die hofsaak gespruit. Ook uit hierdie hofsaak het
'n
regsbeginsel ontstaan wat later as presedent in ander sake aangehaal
is.
Maar ek onthou ook nie meer wat hierdie regsbeginsel is en wie die
wenner
van die saak was nie. Ek meen dat Oom Frans aan die kortste end getrek
het.
Sy seun
Hennie, wat in 1911 op S.A.K. was, toe ek 'n Matie
was, het tering opgedoen en verligting kom soek met
'n toer
in die droër klimaat en het ook 'n paar dae by my op Ficksburg
kom
bly. Later kon ek hom nog weer in sy buitekamer op
Romansrivier gaan
groet kort voor sy dood in 1918. Hy was 'n opgeruimde maat.
Susie
en ek het nie mekaar gekry nie, maar ons het goeie
maats gebly, en sy het my baie gehelp met die geslagregister. In Jan.
1941
het ek by hulle aangery daar kort bokant Breërivierstasie,
maar net
gegroet en verder gery. In 1946 is sy oorlede. Haar broer
Willie
het eienaar van Romansrivier geword en 'n flukse boer.
Met g4 Oom
Gawie het ek dikwels in
aanraking
gekom. Hy is op hoë ouderdom twee maal getroud met
twee halwe
susters, dogters van sy oom, Oom
Davie (c2d4e6f16).
By g5 Margaretha
Malan was ek ook eenmaal aan
huis
oorkant Breërivier.
- f7 Francois Daniel
het op Wolseley gewoon en ek was
minstens eenmaal by hom aan huis. Ook by sy seun Willem
Stephanus
(g2) was ek eenmaal in die aand aan huis toe hy in Boontjiesrivier
gewoon
het. Met sy beroemde dogter, Dr
Elizabeth (h1) het ek nie
persoonlik in aanraking gekom nie, maar sy het uit Amsterdam aan my
geskryf
na ek 'n oproep gedoen het vir die Conradie fees van 1939. Sy
het
ook ingewillig om as spreekster op te tree. Ongelukkig is sy
toe
skielik oorlede in Amsterdam en 'n paar sprekers kon oor haar en haar
werke
praat.
- f9 Margaretha
se familienaam was Harta -- Harta de
Wet van Artois -- by wie ek saam met my neef Hennie Retief van
Weltevrede,
meer as eenmaal aan huis was. Een aand het ons daar gewag vir die trein
om iemand te ontmoet. Hulle het vir ons koejwels gegee om te
eet.
Dit was die eerste maal dat ek dit eet en dit het my sommer baie siek
gemaak
en jare daarna kon ek net nie die reuk van koejawels verdra nie.
- fl3 Catharina
was bekend as Tannie. Sy was getroud
met Oom Hendrik Möller en het gewoon, eers op Visgat, deel van
Koelfontein,
en later in Die Kloof, wat hul eiendom geword het. Hulle het
drie
dogters en 'n seun gehad. Een dogter is op Visgat
oorlede.
Die seun Frans en ek was groot maats en ek maak dikwels van hom
melding.
Tannie was baie bysiende en moes die naald vlak voor haar oë
hou om
die garing deur te sukkel, maar sy het al haar huis- en naaldwerk self
gedoen. Ek het baie by hulle gekuier, selfs na my troue as
ons op
die familieplaas is, stap ek oor na die Kloof.
- fl4
was Oom Danie Oukloof,
omdat hy en Tant Martjie
in my kinderdae op Ou Kloof gewoon het en ek een naweek ook daar
deurgebring
het. Tant Martjie was die suster van Mampie, my Oom Frikkie Neethling
se
vrou, wat ook ons peetma was na my ouers se dood. Mampie en
Tant
Martjie het albei die gawe gehad om te praat, goed van tongriem gesny.
Ou Kloof was die eerste ingang na die Tulbaghvallei, maar ek het geen
kloof
daar gesien nie. Oom Danie het sewe kinders gehad wat almal ongetroud
was
toe ek by hulle op Oukloof was.
In
Jan. 1911 was ek op die onthaal van gl Willem
Stephanus
en Hester Gerber waar ons tiekiedraai speletjies voor Oom Koos Gerber
se
deur op De Liefde gespeel het. Willie is na Boshof en sy
oudste seun
is weer na De Doorns. Hierdie Danie
het ek in 1949 op 'n Kerk kongres
ontmoet.
Ek hoor dat
Oom Danie en Tant Martjie van Oukloof
na De Liefde getrek het, en na Oom Danie se dood, het Tant Martjie op
Verkyker
naby Wolseley gewoon, waar ek haar weer besoek het. Met hul seun Pieter
was ek lank bevriend. Hy was baie jare lank die voorman van die Louw
broers
op Neethlingshof, Stellenbosch, en daar het ek hom besoek toe ek
student
op Stellenbosch was. Hy is later met Wed. Ackerman getroud,
en het
op Stellenbosch gewoon. Hennie
het ek laas in 1965 by die Wynkelders
op Drosdy werksaam gesien. Hy en Frans
(baie jare by Tokai) en Lenie
(in tehuis vir Bejaardes op Worcester) leef nog.
- fl6 David Gideon,
die jongste seun van Willem Stephanus,
het op De Liefde gewoon -- 'n toonbeeld van godsdienstigheid. Dit was
grootliks
deur sy toedoen dat daar op die plaas 'n monument opgerig kon word toe
die wyks biduur 80 jr oud was. Sy buurman was Oom Albert
Viljoen
en die twee huise was langs mekaar, net die grens van die plase -- 'n
muur
het tussen deur geloop. As die drie seuns van Oom Davie in
die buitekamer
op die lang stoep bymekaar is, waar ek ook soms geslaap het, was hulle
baie onnutsig.
g4 die
jongste Davie
het in Oos-Afrika
in Genl. Smuts se oorlog omgekom in 1915. Albertus
(g2) is
soos die register toon, reeds in 1925 oorlede, sodat Willem
Stephanus (gl)
boer van die plaas gebly het, en sy pa se voetstappe ook in die
kerkraad
moes volg en dit waardiglik kon doen. Hy is in 1973 oorlede.
g3 Maria
was eers getroud met Tonie Retief
van die Witbrug, en na sy dood is sy getroud met haar neef Gawie.
g5 By Oom Davie
se tweede vrou het hy
nog twee kinders gehad. Mienie, wat na haar halwe suster se
dood,
met Oom Gawie getroud is, was 'n goeie mens. Ek het eenmaal
gehoor
iemand sê van haar: "Daar is nou 'n ideale mens!" Na Oom
Gawie se
dood, het sy nog op Wolseley gewoon.
g6 Pieter
het op UK gestudeer, en is na
Natal, waar hy 'n prokureur geword het.
Hier
eindig my verhaal van Nu Munster se mense.
NASKRIF:
c2d4e6f5g5h1 oom Hendrik
Francois
(Hempa), oorlede in 1990, was die laaste manlike Conradie eienaar van
Nu
Munster. Sy enigste seun Pieter
Jacobus, het op agtienjarige
ouderdom
tragies gedurende sy dienspligjaar verongeluk. Oom Hempa se dogter Retha
en haar man Hennie Kriel
boer in 1999 steeds op die plaas. (2004: Retha is reeds oorlede)