MAKLIKE AFRIKAANSE LEESTEKENS!

( Eintlik is dit meer korrek om te praat van diakritiese skryftekens = "onderskeidende skryftekens" volgens HAT. Ek het hierdie (vir my) nuwe woord van Danie Viljoen geleer. Dankie Danie!)

INLEIDING

As jy die sin
"El Niño se gróót reën gáán môre brûe laat verspoel"
op jou rekenaar kan insleutel, sonder om 'n lysie van spesiale ALT-sleutel kodes te raadpleeg, dan ken jy waarskynlik reeds onderstaande wenk vir Afrikaanse leestekens in Windows 95/98/NT. 

Vir die spesiale leestekens in Afrikaans, het ek voorheen die ALT+numeriese-sleutel-kode metode gebruik, bv ALT+136, om 'n kappie-e (ê) te maak. Behalwe dat 'n mens dié kodes moet onthou of opsoek, kos dit jou 4 sleuteldrukke, en raak jy dus maklik laks om dit te wil gebruik.

Daar ís 'n makliker manier, wat slegs 2 sleuteldrukke behels, en waarvoor jy géén kodes hoef te onthou nie! Sover my kennis strek, werk dit vir alle Windows applikasies, d.w.s. woordverwerkers, sigblaaie, E-possagteware, en ander programme wat teks hanteer. Indien jý nóg nie hierdie inligting het nie, behoort  jy aan te hou om verder te lees:


INSTALLASIE


Éérs moet jy in Windows (of NT) jou sleutelbord aanwysing verander van

    UNITED STATES 101(of wat ookal) na UNITED STATES-INTERNATIONAL.
Doen dit só deur op jou Desktop te:
  • Muisklik op My Computer
  • Muisklik op Control Panel
  • Muisklik op Keyboard
  • Muisklik op Language
  • Muisklik op Properties
  • Muisklik op UNITED STATES-INTERNATIONAL op drop-down WINDOW
  • Muisklik op OK (verskaf WINDOWS CD indien gevra)
  • Muisklik op APPLY
  • Muisklik op OK
  • gaan verder uit en normaal voort

WINDOWS XP (soos ontvang einde 2001)
Hello Piet,
Jong, jou reseppie werk nie vir Windows XP nie! Ek het toe maar die storie op my eie manier uitgewerk, en wonder bo wonder werk dit. Dit klink 'n bietjie omslagtig, maar miskien kan jy dit so 'n bietjie af"trim"
1. My computer
2. Control Panel
3. Kliek op Regional and Language
4. Kliek op Language
5. Kliek op Details
6. Kliek op add
7. Op oopvalvenster kliek op keyboard layoute/IME
8. In daardie oopvalvenster, kliek op United States International.
9. Kliek weer op venster en kies United States International
10. Apply en OK

Hoop dit klink nie te veel na 'n deurmekaarspul nie.
Groete,
Gloria Ludick (dankie Gloria ! - Piet) 

WINDOWS VISTA (soos ontvang 23 Sept 2009)

Dagsê Piet,

Ö é ç ’n

Soos jy sien, het ek dit reg gekry. Dit is dieselfde as XP maar jy moet die blok klik wat "US International" die “default” maak op Vista.

 Groete

André Pretorius



GEBRUIK


Om die Afrikaanse leestekens in enige WINDOWS applikasie se dokument te verkry, gaan soos volg te werk:

Druk éérs die leesteken, bv. die kappie-teken '^' bókant die syfer 6. Daar sal niks op die skerm verskyn nie - druk nou die karakter, bv 'e' en 'ê' (kappie-e) sal op die skerm verskyn.

Sou jy wél verlang dat die spesiale karakter alléén moet verskyn, druk die spasiebalk ná die spesiale karakter, en laasgenoemde verskyn dan op die skerm. (Dit kos 'n rukkie om aan gewoond te raak, maar die sagteware is héél slim - dis nét nodig om die spasiebalk te druk indien die volgende karakter 'n geldige kombinasie sou vorm - om bv ('n) te sleutel, hoef jy nié die spasiebalk te druk nie!!!!)

  • àèìòùÀÈÌÒÙ - Die links aksent (`) is bó links op die sleutelbord (onder ESC).
  • áéíóúýÁÉÍÓÚÝ - Die regs aksent is die enkel-aanhalingsteken (')..
  • äëïöüÿÄËÏÖÜŸ - Die deelteken of umlaut is die dubbele-aanhalingsteken (").
  • âêîôûÂÊÎÔÛ - Die kappie is bókant die syfer '6' (^).
  • ãñõ - Die tilde of slangetjie (~) is  bó links op die sleutelbord (onder ESC).
Hoop dit help iemand om méér produktief te wees!

TERUGVOER

11 Okt 1998

Beste Piet

Dankie vir die boodskap oor die leestekens in Afrikaans wat ek tweedehands, maar oorspronklik van jou af ontvang het. Dit help nogal regtig baie en ek het báie gouer daaraan gewoond geraak as wat ek verwag het.

Groete
Willem Boshoff
Departement Ou Testament, Unisa, PRETORIA



13 Okt 1998

Hallo Piet

Baie dankie vir die wenk oor die vorming van diakritiese tekens. Ek is al 'n ruk lank bewus van hulle omdat hulle van tyd tot tyd ongevraagd hulle verskyning gemaak het. Nou kan ek hulle sistematies leer gebruik! Terloops, hulle werk goed in WordPerfect 8 waarin ek hulle gebruik.

Vriendelike groete
Hannes Cronjé
GREENACRES  P E






stuur asb epos aan Piet Conradie by:

dieconradies@gmail.com

Hierdie bladsy op "Piet se Webwerf"

is laas op 23 September 2009 met
Nvu  (Composer) bygewerk deur
Piet Conradie