![]() |
Lady Duff Gordon was 'n
geleerde (ondermeer bekwaam in Latyn en Duits)
Engelse dame wat in Julie 1861 op 'n boot uitgevaar het na Kaap die
Goeie
Hoop. Sy het probleme met haar gesondheid gehad, en het gehoop dat die
klimaat aan die Kaap haar goed sou doen. Vandaar 'n beheptheid met die
kwaliteit van die lug by plekke waar sy vertoef het. Terwyl sy op
besoek
aan die Kaap was, het sy gereeld briewe aan haar familie by die huis
geskrywe,
en so is haar boek "Letters from the Cape" saamgestel.
Die kykie wat sy ons op die Kaapse lewe van die tydperk gee is werklik interessant. Sy het beslis nie gedink dat die Kapenaars danig gasvry was nie! Sy het in Kaapstad en Simonsbaai gebly, maar is ook die binneland in na Caledon waar sy 'n ruk vertoef het. Op pad na Caledon het sy ook by die Houhoek herberg oorgeslaap. Van Caledon het sy ook Genadendal besoek, en is met 'n ompad via Villiersdorp en Worcester terug na Kaapstad, van waar sy in Mei 1962 teruggevaar het na Engeland. |
![]() |
Hier is 'n foto van die
Kaapse kapkar wat Lady Duff Gordon se Maleise
drywer Choslullah gebruik het.
Die volle E-teks van hierdie Africana werk kan via die Internet gelees word, aangesien die boek opgeneem is in die Project Gutenberg reeks van boeke. Lees self die 'boek' deur die skakel hieronder te gebruik. |
|
|
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |