'n Bespreking van sommigeConradie-Familieplase in die Westelike Provinsiese Grondbriewe(1) Algemene Opmerkings
(i) Ek kon eers na die Universiteitseksamens begin werk. (ii) In Stellenbosch was daar niks te kry i.v.m. die saak nie, en ek moes dus na Kaapstad na die Aktekantoor gaan. Daar is baie stof - so baie dat jy skoon verlore raak daartussen. Informasie i.v.m. elke duim grond in die Kaapprovinsie is daar te kry. Hierdie dokumente is egter nie mooi gesistematiseer nie. Daar is nie behoorlike referensies nie. (iii) Ek het net die name van 'n paar plase geken, sonder om eers te weet wie hulle teenswoordige eienaars is of waar dat hulle geleë is. Dan nog 'n
algemene opmerking: Die gevolgtrekkings wat
ek maak, moet u onthou, maak ek van papier af, sonder kennis van die
werklike
omstandighede, daarom behou ek alle regte voor.
Volgens my opvatting: 'n Conradie-Familieplaas is 'n plaas wat die eiendom van verskillende opeenvolgende geslagte van Conradies gebly het deur bemaking van die plaas van een geslag aan die ander - en natuurlik dit vandag nog is, anders is hy nie so belangrik vir ons doel nie. Die kwessie
van koop - wanneer die plaas onder lede van
die familie gekoop en verkoop word maar tog op dié manier
onder
die familie gebly het. M.i. kan hy dan ook nog 'n familieplaas bly,
maar
miskien nie so suiwer volgens die algemene opvatting as in die eerste
geval
nie. [A] NIEUW MUNSTER
Die Landbou was dan ook hoofsaak by die Kompanjie en die Vryburgers moes hulle dus ook daarop toelê. Vee, het die Here l7 gemeen, kon van die Hottentotte geruil word. Selfs in die tyd van die twee van der Stels was dit nog so. Gaandeweg, as
gevolg van sekere faktore, soos veral die
ekonomiese onaantreklikheid daarvan, het die akkerbou
onpopulêr geword,
en stadigaan laat die Koloniste hulle grond onbewerk lê, en
begin
hulle toelê op veeboerdery. Die veeboerdery was dan
ook baie
aantrekliker, ekonomies en andersinds, as die akkerbou. Hier vind nou
'n
definitiewe splitsing tussen die Koloniste
in
twee klasse:-
(ii) die wat geen behoorlike bestaan daaruit kon maak nie, en hulle veral op die veeboerdery toegelê het. Eers was die akkerbou en die veeboerdery aanmekaar gekoppel, maar weldra het die veeboerdery 'n selfstandige bedryf geword.
Weldra vind ons onder die boere 'n stelsel van gemeenskaplike weiding. Dan, omdat die ou kwessie van Lot en Abram se veewagters hom weer voorgedoen het, kom die stelsel van weilisensies en veeposte. Hierdie laaste vind ons van ongeveer die jaar 1703. Met verloop van tyd is daar egter veeposte opgerig wat min of meer gereeld bewoon is, omdat veeboere wat nie eiendomsgrond besit het nie, langsamerhand ook van weilisensies begin gebruik maak het. Die gewoonte het nou ontstaan om die weilisensies te hernu, en so het die veepos in die veld met verloop van tyd die blywende woonplek van baie boerefamilies geword. Natuurlik word hierdie veeposte toe bebou. Weldra word die veepos ook bewerk. Die boer maal koring en plant groente vir sy gesin en werksvolk. Nog 'n verder ontwikkeling is dat die veeposte op die weilisensies en andersinds name begin kry het. Sodra 'n boer 'n wvepos begin bebou en bewerk het, is dit ook te begryp dat hy begerig sou geword het om rondom daardie punt uitsluitende weiregte te verkry. So het die beginsel van partikuliere weiregte ontstaan, wat 'n verdere ontwikkeling was. Hieruit ontwikkel die Leningsplaastelsel. Hierdie stelsel het noodsaaklik geword omdat die boere baie begin word het, en daar botsings begin plaasvind het, en ook deurdat die botsing met die Bantoes op die Oostelike grens, en met die Boesmans, op die Noordelike grens, die uitbreiding tydelik stopgesit het. 'n Minimum afstand tussen opstalle, wat beheers is deur sekere faktore, is nou vasgestel. Dit blyk dat in die meeste gevalle, waar die betrokke opstalle een uur of meer se stap van mekaar gelê het, die gekomitteerdes die tussenruimte as voldoende beskou het. Het die plase egter nader as 'n uurstap van mekaar gelê, dan is die tussenruimte meestal as onvoldoende geag. Die wêreld is digter bewoon, en die opvatting het onder die boere ontstaan dat hulle plase nou min of meer sirkelvormig was met 'n halfuurstap as straal. Daar was egter nooit 'n wet of regulasie wat dit vasgestel het nie. Met die groei van die bevolking het daar mettertyd, op 'n natuurlike manier deur verdeling van die weiveld tussen bure, bepaalde plase met vaste grense ontstaan. In 1813 het die Engelse regering besluit om nie meer grond in lening uit te gee nie, en om aan die eienaars van Leningsplase wat daarom aansoek doen, soveel grond as wat hulle voorheen wettig in lening besit het, in Altoosdurende Erfpag uit te gee. Ook is voorgeskryf dat geen leningsplaas groter as 3000 morge mag wees nie. Die begrip van sirkelvormige plase het ook verdwyn, omdat, as plase op die manier uitgegee sou word, daar die gevaar sou ontstaan dat stukke onuitgegewe grond tussen plase sou bly lê. So, stel ek my voor, het die plaas Nieuw Munster ook ontstaan. Die oorspronklike kaart van die plaas is net 'n groot, min of meer reghoekige blok, maar een van die plase (Leeufontein) wat ek hier gaan noem, toon duidelik sy ontstaan. Daarom het ek hierdie uiteensetting noodsaaklik geag. Nieuw Munster was heelwaarskynlik eers net 'n veepos, wat in 1716 in lening deur Swanepoel verkry is, want op die grondbrief kom die woorde "Altoosdurende Erfpag" nog nie voor nie. Ongelukkig kon ek die oorspronklike grootte van die plaas op die ou grondbrief nie uitmaak nie, maar dit sal dig by 3000 morge gewees het. Dit is jammer dat die skrif so moeilik te lees is. Die ink en papier is nog goed, 'n merkwaardige feit as ons daaraan dink dat dit ruim 220 Jaar gelede geskrywe is. Onderaan is die naamtekening van Goewerneur de Chavonnes, nie 'n afdruk daarvan nie. Die eerste keer wat hierdie plaas, sover ek kon uitvind, onder die Conradies gekom het, was in 1818, toe Lord Charles Somerset goewerneur was. Ek het gedeeltes woordeliks afgeskrywe wat ek hier aanhaal:- "Door zyn Excellentie, den Hoog Ed. Geb. Generaal Lord Charles Henry Somerset ...." (nog 'n boel titels) ".... word door dezen in altoosdurende erfpaght gegeven aan de Wed Petr. Coenradie zeker stuk land, gelegen in het Distrikt van Tulbaght, groot in zyn grond 474 mor. 510 vk. rd., strekkende - aan de Lenings Eigendom Plaats van I. Moller - naar de Breede Rivier, aan het verzogte lyfpachtland van P. du Plessis aan de Mosterdshoek". Sy moes jaarliks 45 Rykadaalders aan die regering betaal vir die plaas, en sou die plaas behou, sy en haar nageslag, solank as wat die geld betaal word. Verder..... "en zal gehouden zyn (volgens de existerende Wetten dezer Volksplanting) zorge te dragen, dat de limieten behoorlyk worden gemerktekend, en het land in zulk een staat van cultivatie gebracht worde, als waartoe hetzelve bekwaam magte wezen, en zulks binnen den tyd van de eerste drie jaren. Aldus verleend en gegeven onder myn Hand en Zegel aan de Kaap de Goede Hoop, den 25 Juny 1818". Dan volg sy persoonlike naamtekening: C.H.Somerset. Hier is
sekere dinge wat interessant is:-
2) Die plaas word nou in altoosdurende erfpag aan die weduwee gegee. Ek dink dit was die eerste keer dat dit so uitgegee is, aangesien die Engelse Regering eers in l813 bepaal het dat plase vanaf daardie jaar net in altoosdurende erfpag uitgegee sou word. (3) Die van van die weduwee word met 'n eksta "e" gespel. Dit kan 'n spelfout wees, wat in die Staatskantoor gemaak is, maar dit is 'n ongewenste fout om te maak, veral as ons daaraan dink dat daar werklik 'n Coenradie, ook van Duitsland, gekom het so ongeveer 100 jaar na stamvader Frederik Conradie. Dit is nie onbekend dat vanne destyd nie baie suiwer in die Staatskantoor gespel is nie. Selfs in dieselfde grondbrief kry ons die van Möller sonder die umlaut. (4) Die plaas was toe in die distrik van Tulbagh. Van Wolseley was daar in 1818 nog geen sprake nie. (5) 'n
Interessante verskynsel is die grootte van die
plaas. ... "groot in zyn grond
474 morgen 510 vk. roeden".
Die oorspronklike plaas moes digby die 30O0 morge gewees het.
Wie
sou dan 400 morge grond neem as die bepaling sê jy moet net
nie meer
as 3000 morge neem nie. Een van twee dinge kan hier gebeur
het: (6) Dan i.v.m. tot waar die plaas hom uitgestrek het: "de Lenings Eigendoms Plaats van I. Moller, dan naar de Breede Rivier, dan aan die ander kant tot aan de verzochte lyfpachtland van P. du Plessis en ook tot aan de Mosterdshoek". Die plase van die Conradies en die Möllers het aanmekaar gegrens, en dit toon vir ons waarom die twee families ondertrou het. Mostertshoek, verstaan ek, is dle hoek van die berg waar Michell'spas vandag deurgaan. Die pas was waarskynlik toe nog net 'n voetpaadjie of uiters moeilike wapad soos maar meeste passe destyds was. (7) Ook is dit interessant, om daarop te let, dat 'n plaas wat vandag seker seker etlike duisende ponde werd is, daardie dae jaarliks net 45 riksdaalders erfpaggeld voor betaal is. (8) Dan is daar sekere voorwaardes :
(ii) dit moes bewerk word binne drie jaar van die datum op die grondbrief aangegee. Daar staan vandag nog sommige van die oorspronklike bakens. Hulle is seker kort na 1818 opgerig. Hulle het die plaas egter nie opgedeel nie, maar broederlik saamgewerk. Na hulle dood is die plaas egter onder hulle sewe seuns verdeel, naar net in twee dele. Twee van die seuns is uitbetaal, maar vyf het bly boer. So kom ons by
die teenswoordige elenaars van Nieuw Munster;
Ek het nog 'n grondbrief bestudeer, nl. die van Welgemeend, omdat dit onafskeibaar is van dié van Nieuw Munster. Tussen hakies, hierdie grondbrief kom net in Engels voor, en sy datum 1817. Die grondbrief van Welgemeend is ietwat ingewikkeld. Byna al die name van die vroeëre eienaars van Nieuw Munster kom daarin voor, selfs die van 'n Engelsman, John Tall, van wie ek 'n interessante staaltjie gehoor het i.v.m. die plaas. Welgemeend
dan, volgens die grondbrief, is in die veldkornetskap
van Breede Rivier, en in die afdeling van Tulbagh. Die plaas
is 551
morge 55 vk. rde. groot. Dit is saamgestel uit drie dele:-
(b) Dit is ook 'n stuk wat deel was van die ou Nieuw Munster - 43 morge. (c)
Bestaan uit twee stukkies wat in die grondbrief
Annex Nieuw Munster genoem word - groot 27 morge 197 vk. rde. Dit was
oorspronklik
die eiendom van hendrik Francois Conradie en die wettige
verteenwoordigers
van wyle Willem Stephanus Conradie.
(ii) Willem Stephanus Conradie 12 Des. 1890. (iii) Hendrik Francois Conradie 25 Jan. 1906. [B] KOELEFONTEIN: Die grondbrief lui as volg: "I do hereby grant, on perpetual quitrent, unto David Malan and Petrus Jacobus Conradie a piece of land, 2965 morgen and 328 sq. rds., situated in the district of Worcester, Field Cornetcy, Over Hex River; being the land called Koelefontein, extending to Vinke River and ........govt. ground..." Die eienaars moes elke 12 mnde die som van 30 riksdaalders(rixdol.) betaal. Dan is daar nog die gewone twee bepalings: " ... and be bound (according to the existing laws of this settlement) to have the boundaries properly traced out, and the land brought into such a state of cultivation, as it is capable of within the first three years". Dit is geteken C.H. Somerset, en is uitgereik op 21 Nov. 1823. Enkele
opmerkings:
[C] LEEUFONTEIN I.v.m. hierdie plaas het ek nie veel te sê nie. Die oospronklike grondbrief is uitgereik op 8 Maart 1832 aan Maria M. van Heerden en Christian Gabriel Theron, en die plaas was destyds baie groot, 4542 morge. Dit is uitgereik gedurende die tyd van Goew. Sir 0. Lowry Cole. Wat die plaas vir my van besonder belang maak, is die ou tekening van die plaas. Ons vind die sirkel met die strepe wat die straal van 'n halfuurstap in alle rigtings aantoon. Buitekant op die sirkel is daar 'n vierkantige figuur getrek. Dit is 'n onteenseglike bewys vir ons dat die plaas ontstaan het soos ek in die begin uiteengesit het. Volgens hierdie tekening moes die ou plaashuis van Leeufontein dan ongeveer in die middel van die teoreties ronde plaas gewees het. Dit was mos die oorsprong van die ronde plaas. (Hier verskil die plaas van Nieuw Munster, want dit lyk vir my of die plaashuis van Nieuw Munster aan die een kant is. Dit kan wees dat die eerste ou plaashuis nie meer bestaan nie, en dat die oudste woonhuis veel laeraf, nader aan die lopende water, was.) Wanneer het hierdie plaas dan die eiendom van 'n Conradie geword? Op die ou grondbrief staan in potlood aangeteken; "Granted
to J. Conradie
30/10/l875".
Vermoedelik behoort die plaas van daardie tyd af aan nog altyd aan
Conradies.
Dus ook 'n familieplaas. Ek is jammer dat ek nie die tyd had en die
grondbrief
van 1875 op te spoor nie. [D] DE LIEFDE Van hierdie plaas het ek ook net die oorspronklike grondbrief gesien. Ek het maar gehoor dat hy 'n familieplaas is, maar ek het geen bewyse daarvoor nie. Dit is namelik in Altoosdurende Erfpag uitgereik aan Pieter Jacobus Hugo (Piet seun) op 17 Junie 1848. Die plaas was toe 1710 morge groot. Die eienaar moes 5 Pond per jaar erfpaggeld daarvoor betaal. Dit was in die tyd van Sir Henry George Wakelyn Smith. |
|
|
|
is op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |