![]() |
Die Skot David
Livingstone (1813-1873) se werk MISSIONARY TRAVELS and
RESEARCHES in SOUTH AFRICA, wat vir die eerste keer in 1857 in London
uitgegee
is, is 'n besonderse Africana item, wat nie in onlangse tye heruitgegee
is nie, en wat beslis verdien om wyer gelees te word as slegs deur 'n
paar
bevoorregte Africana versamelaars wat aansienlike koste moes aangaan om
die oorspronklike boek te kan besit. Dit is dus verblydend om te weet
dat
hierdie boek se teks, via die Internet, sedert 1997,
kosteloos aan
miljoene lesers beskikbaar is deur middel van die sogenaamde "Poject
Gutenberg".
Die E-teks is opgestel deur die Amerikaner Alan R. Light
Monroe.
MISSIONARY TRAVELS is die reisverhaal van Livingstone se eerste 16 jaar
in Afrika, en beskryf sy trek vanaf Kuruman na Luanda aan die weskus,
en
terug oor die kontinent langs die Zambesi rivier to by sy monding aan
die
ooskus.
Hieronder volg 'n paar
illustrasies wat verband hou met MISSIONARY TRAVELS. |
| In 1843 het Livingstone 'n ondervinding met 'n leeu gehad wat hom met 'n pynlike skouer vir die res van sy lewe gelaat het. Terwyl hy sy geweer herlaai het, het die leeu hom bespring. Terwyl die leeu hom vasgedruk het, wou sy helper die leeu skiet, maar sy dubbelloop geweer het geweier op altwee skote, en die leeu het Livingstone toe gelos en weer die helper bespring. Lees self in die E-teks wat verder gebeur het. (Hoofstuk 1) | |
| Hier beskryf Livingstone hoe die inboorlinge in die omgewing van Kolobeng die "hopo" gebruik om wild te vang. Twee takheinings word in die vorm van 'n letter V gebou, en die diere word by die oop bek van die V ingejaag, en by die nou ent van die V word 'n tregternek gemaak waarin 'n diep vanggat is waar die diere dan inval. (Hoofstuk 1) | |
![]() |
Hierdie drie leeus val 'n alleenloper buffelbul aan. Die twee menslike toeskouers se hoede kan regs in die bosse gesien word. Hierdie gebeurtenis het Livingstone nie self beleef nie - hy haal aan uit die ooggetuieverslag van majoor Frank Vardon wat op die walle van die Limpoporivier saam met sy jagmaat Oswell hierdie insident op 15 September 1846 beleef het. (Hoofstuk 7) |
| Noord van Sesheke het Livingstone 'n nuwe soort Eland gesien. Volgens hom het dit strepe soos 'n kudu gehad.(Hoofstuk 11) | |
| Op 13 Augustus 1855 het Livingstone op die bolope van die Zambesi 'n noue ontkoming met 'n seekoei gehad toe hy en 7 van sy makkers uit die kano gegooi is. Gelukkig het die seekoei hulle geen verdere leed aangedoen nie. Livingstone se manne het die vorige dag 'n kleintjie van hierdie seekoei gedood; sy het dus genoeg rede gehad om agressief te wees. (Hoofstuk 25) | |
| Steeds langs die Zambesi, was Livingstone op 15 Desember 1955 ooggetuie van hierdie gebeurtenis waar sy manne 'n olifantkoei en haar kalfie met spiese doodgemaak het. Wat besonders was, was dat die ma probeer het hom haar kalfie te beskerm deur in die lyn van die spieswerpers te staan. Livingstone het die onnodige slagting glad nie goedgekeur nie. Hy skryf dat hy het siek gevoel het, al het hy geweet dat hy die ivoor gaan kry. (Hoofstuk 28) |
|
|
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |