Voorwoord |
Soos baie ander voor my
en saam met my, hou Karoopoort vir my 'n romantiese
bekoring in.
Aan die een kant van die berg is daar nog iets die Wes-Kaapse plantegroei; deur die poort is jy in die Karoo waar dit woestynagtig voorkom. Karoopoort se lang geskiedenis is verweef met ontdekkers van lank gelede, met boere wat jaarlikse op die trekpad was, en met die storie van die 'Vergete Grootpad'. Karoopoort se historiese herberghuis is die plek waar my oorlede vader in 1919 gebore is - des te meer rede vir my belangstelling in die plek. Ek sou in ieder geval hierdie inligting versamel het. In die eerste plaas word hierdie inligting hier geplaas vir my Conradie familie om lees, maar ek glo daar is ook ander wat dit sal waardeer. Kommentaar is welkom |
Inleiding |
Die kloof in die
Witteberge tussen die Warm Bokkeveld en die Tankwa-Karoo het, al is dit 'n droë plek, 'n bekoring. Bekend as die Karoopoort, was dit vir eeue 'n tradisionele oorstaanplek van togryers en trekboere tussen die Warm Bokkeveld en die Karoo. Die pad deur die poort is gemaak deur die pionierswaens van die agtiende-eeuse Trekboere, ontdekkingsreisigers, transportryers en avontuursoekers. Vandag bekend as deel van die Vergete Grootpad, is Karoopoort ryk aan geskiedenis en kultuur. Die poort is besoek deur al die belangrike reisigers van die laat agtiende en vroeë negentiende eeu: Thunberg en Masson, Le Vaillant, Lichtenstein, de Mist, Burchell en Barrow. Vir 50 jaar was daar 'n herberg in die poort waar moë reisigers kon oornag. |
Thunberg (1774) |
Agtiende-eeuse reisigers van belang het deur Karoopoort gereis. Die Sweed Thunberg, begelei deur Francis Masson, die geduldige Skotse tuinier van Kew Gardens, is op 9 Desember 1774 deur die poort. Thunberg beskryf die Karoo waardeur hulle moes reis voordat hulle die Warm Bokkeveld bereik het, as só droog dat selfs 'n mossie nie daar sou kon lewe nie. |
Lichtenstein (1803) |
Die vroeë
reisigers het die lang togte met hul ossewaens oor onbegaande weë vermoeiend gevind. Toe die plantkundige dr. Henry Lichtenstein in 1803 by Karoopoort aankom, was hy, kommissaris J.A. de Mist en dié se suster Augusta (toe skaars twintig jaar oud) beslis moeg ná hul veeleisende reis van die Hantam en die Roggeveld. Lichtenstein het na Karoopoort verwys as "Bokkeveld's Poort" en sy beskrywing lees soos volg: "At daybreak we came to a narrow pass, called the Bokkeveld's Poort, at the first entrance to the mountains which separate the Karoo from the Bokkeveld. We arrived there just at the moment when the rising sun began to gild the lofty summits of the mountains, while the twilight was still glimmering in the depths of the ravine. The return of the morning light threw magic shadows upon the naked rugged rocks and on the green bushes that bordered the deep torrent. Our minds were particularly attuned to feeling the whole effect of the scene. The night had been spent in watching and travelling from Platfontein over a dreary desert, and now, as if by enchantment, we found ourselves in the mild twilight of this contracted valley, the living vegetation of which formed so fine a contrast with the dry, barren, and almost, as it appeared, boundless plain which we had just quited, while the contrast was no less striking between the sharp points presented by the profile of the mountains before us and the curvated heads of the slate hills, over which we had so recentley passed.'' "Narrow as was the pass at its entrance, we soon found a wider valley spread out before us, from which the road gradually ascended. The ridges of lofty towering hills rose to the right and the left, while, looking upward, the eye was carried into dark and broken chasms. High above, enjoying the first warm rays of the morning sun, was a little red antelope feeding at the very edge of a prominent piece of rock; but, frightened at the sound of the African whip, re-echoed from every part, it quickly fled into the valley on the other side." Met Lichtenstein se besoek was die plaashuis in die poort bewoon deur Bruyere, die eienaar van Uitkomst van die plaas ten suide van die poort. By die huis in die poort het hy 'n goeie vrugteboord aangetref, en ook 'n koringland. Daar was ook 'n ruigte van akker- en populierbome langs 'n helder stroom water. Die Doornrivier kom seker selde sterk af, maar die landskap is 'n groot verandering ná die Tankwa Karoo, met 200 km van 'n plat barre vlakte waar dit in warm droë seisoene lyk of net sonverbrande klippe daar groei. (In 1803 het Lichtenstein tuisgegaan op Uitkomst, wat toe aan veldkornet Bruyere behoort het. Die huidige plaashuis daar is in 1843 gebou, moontlik deur Philippus Rudolph Botha. ) |
Burchell (1811)![]() |
Slegs ses jaar na Lichtenstein, was die volgende bekende besoeker wat sy indrukke van Karoopoort neergeskryf het, ook 'n plantkundige, William John Burchell. Dié innemende mens, wat oral sy fluit met hom saamgeneem het, het met sy twee ossewaens onder twee groot Kareebome uitgespan, soos sy bekende tekening van die plek wys. |
![]() |
Die doel van Burchell se reis was om die Klaarwater sendingstasie, en Kuruman en Lithakoo (Takoon) te besoek, en moontlik na die Portugese nedersetting in Angola te reis. Burchell het Karoopoort bereik skaars 3 weke nadat hy uit die Kaap vertrek het. Sy wa met die inhoud en die osse wat dit getrek het, het hom 600 pond sterling gekos. Hy was vergesel deur Hottentot helpers, van wie Phillip Willems and Stoffel Speelman voorheen soldate in die Hottentot bateljon van Wynberg was. Eersgenoemde was die drywer, en was reeds voorheen noord van die Garieprivier. |
![]() |
In teenstelling met Lichtenstein, het Burchell Karoopoort bereik deur vanaf die Hexrivierpas te reis, en weswaarts te draai en deur die Kleinstraatpoort en verby Verkeerdevlei na Karoopoort te gaan. Op hierdie deel van die roete het hy voorspanne osse gebruik wat deur plaaslike boere verskaf is 'n opdrag van mnr Munnik, die landdros sekretaris op Tulbagh. Sy eie trekdiere is via Mostertshoek na Karoopoort gestuur. |
![]() |
Dit is uit Burchell se pen wat ons die beste beskrywing van Karoopoort aan die begin van die 19de eeu kry, en met die klein vinjet wat hy van sy uitspanning digby die poort geteken het, kon dr E.E.Mossop (Old Cape Highways) 'n honderd jaar later self die staanplek uitken. |
| Op 13 Julie 1811 het
Burchell soos volg geskryf:
"We arrived at the southern entrance of Karoo Poort, where we unyoked the oxen and took up our station under the shelter of two large bushy trees of Karree Hout near as small stream of water. On the banks of this rivulet (Doorn) grow some large trees of the same kind, forming, by the peculiar softness of their foliage, very picturesque ornaments to the landscape. The soil was clothed with low bushes of Atriplex albicans and Galinia africana. The latter produces a remarkable effect on the legs of the cattle that graze amongst it by staining them a green colour. All our oxen, but more particularly the white ones, exhibited this singular appearance." "A range of mountains of moderate height separates the Great Karro from the inhabited parts of the Colony, lying to the southward. Another range, of much higer elevation, bound sit on its nothern side, and in this the Pass to the Roggeveld mountains is situated. That division lying nearest the Roggeveld Karro is partly inhabited, during four or five months in the winter season, by the boors of that country, who then remove with their families and cattle to certain called Leg-plaats ["legplek, legplaas"](which may be translated Cattle place). From these they remove back again to the Roggeveld at the end of October. In like manner the other division is denominated the Bokkeveld Karro. The Karro Pass conducts the traveller by a winding defile through the range of the Witteberg, or the Wittenbergen (White Mountains) and ushers him into the Bokkeveld Karro." "The strata of the mountains here, on each side, are inclined in opposite positions and curiously curved in undulating lines. The word 'Karro' belongs to the Hottentot language, and signifies dry, or arid." "In order to give our oxen more time for grazing, we remained here till sunset. In the meantime I took a stroll into the Pass and climbed up the rocks on the right to examine the productions of the mountains; of which, notwithstanding the earth was excessively dry and parched, there was a great variety. Out of these I selected as many as thirty plants not collected before. Among these rocks the Pelargonium renifolium was found growing to the height of two feet, and a frutescent Othonna four feet high enlivened the rugged declivity with its large yellow flowers. The list of genera given here may serve to show the botanical character of the spot, as contrasted with the country in the following part of the journey northward." Burchell het opgemerk dat Karoopoort die "deur na die woestyn" is, waar anderkant die skroeiende son dit vir die gewone Kaapse plantegroei onmoontlik maak om te bestaan. |
|
George Thompson se kaart (1827)![]() |
Hierdie is deel van 'n kaart van Suider-Afrika wat in 1827 deur George Thompson gepubliseer is. Dit toon verskillende roetes vanaf Kaapstad na die binneland. Een daarvan loop oor die Paarl en Tulbagh deur die Warm Bokkeveld, en dan duidelik deur 'n poort (vandag Karoopoort genoem) in die bergreeks na die Bokkeveld Karoo. Noord van die poort gaan roete verby Paardeberg en tussen die twee Zoutpan's Koppen deur. |
Michellpas geopen (1848) |
Tot 1848 was daar slegs
'n baie moeilike pad van Tulbagh na Ceres via
Mostert se pas beskikbaar. Op 1 Desember 1848 open Sir Harry Smith die
nuwe pad na Ceres wat Michellspas gedoop is, en deur Andrew Geddes
Bains
gebou is. Saam met 'n harde pad wat anderkant Ceres oor Theronsberg en
Karoopoort na Sutherland gebou is, het die reistyd vir 'n ossewa van
Kaapstad
na Beaufort-Wes van 20 na 12 dae verminder. Daarby is Bainskloof 4 jaar
na Michellspas geopen.
By Ceres is 'n kerkie gebou, en die eerste dorpserwe is uitgelê kort na die voltooiing van Michelspas, en vir togryers was die dorpie die laaste uitspanplek voor die binneland aangedurf is. 'n Brug oor die Dwarsrivier, gebou deur Thomas Bain, is in 1855 geopen. By die opening van die sogenaamde 'Bredabrug' deur magistraat P.B. Borcherds, het hy genoem dat die Ceres op die hoofpad na die binneland was, en dat die brug 'n belangrike skakel was "in the important line of communication connecting the the extensive parts of the interior with the market of the capitol".
|
Die Era van Togryers (1850-1895)
|
Nadat diamante by
Kimberley ontdek is, het al hoe meer transportryers
die pad deur Ceres en Karoopoort gebruik. In 1870 is die Diamond Fields
Transport Company gestig met hoofkantoor in Kaapstad, maar die
direkteure
was almal van Ceres. Dié maatskappy het 'n weeklikse diens
tussen
Kaapstad en Du Toitspan (nou Kimberley) ingestel. Nou het spekulante,
delwers
en fortuinsoekers in hulle honderde na die diamantvelde gereis. 'n
Menigte
ossewaens, muilwaens en perdewaens van alle soorte het die pad gebruik.
Soms was daar optogte van tot 30 waens en skotskarre agtermekaar.
Goedere wat die transportwaens moes vervoer, het ondermeer ingesluit: winkelware, tabak, wyn, brandewyn, biltong, droë en varsvrugte, groente (aartappels, patas, pampoen), velle en mynmasjienerie. Daar was geliefde uitspanplekke en gebruiklike skofte - die vroeë oggendskof van drie uur tot sonop, wanneer die diere uitgespan moes word om te wei, en die vroeë en later middag skofte met 'n uur se uitspan tussenin. Swaar gelaaide waens kon slegs twee skofte op 'n dag doen want dit het die togryer gebaat om sy diere goed te versorg. Volgens mnr. Hardy Loftus in Die Vergete Grootpad (1988) vertel, was die eerste uitspanning nà Ceres ongeveer 15 Km vanaf Ceres by Kafferskraal - vandag 'n privaat plaas. Die volgende uitspanning was op die plaas Leeufontein (aan die voet van Theronsberg), waar die eienaar 'n stuk grond vir die doel beskikbaar gestel het. Reisigers kon in die ou Leeufontein huis oornag. Die huis het later in die Conradie-familie die naam van "die Hotel" gekry alhoewel dit nie 'n regte hotel was nie. Andrew Bain van Bainskloof faam het ook hierlangs die pad gebou. Die volgende uitspanning was Hottentotskloof wat ook nou 'n plaas is. Daarna het Karoopoort gevolg wat die belangrikste uitspanning was. So laat as 1950 was daar nog 'n klousule in die huurkontrak - die huurder moes aan reisigers oornag herberg teen betaling voorsien. Mnr Loftus het vertel dat die teerpad verby die Karoopoorthuis en vyelaning gebou is om stof weg te hou van die huis en vyelaning. Burchell se twee kareebome wat saam met sy waens op sy tekening verskyn is ongelukkig reeds tot niet: "As jy oor die stroompie by Karoopoort kom, aan die voet van die berg, daar was die bome waar Burchell met sy waens gestaan het." Volgende uitspannings was by Platfontein, en daarna by Smitswinkel. |
Togryermuseum(Ceres)![]() |
'n Besoek aan Die
Togryermuseum op Ceres is 'n beslis te moet vir iemand
wat meer oor die onderwerp van togryers te wete wil kom.
Die museum beeld die vergete leefwyse van die togryer uit - sy wa met woonplek onder die halftent agter, sy eenvoudige meubels, kookgerei, klere, kos; sy dryfkuns, tye en swepe kan gesien word. Die togryer moes ook weet hoe om 'n muil, perd of os te beslaan wanneer die hoewe deurgeloop is en hoe om tuie te herstel wanneer hulle verslete raak. |
Poskoetsdienste![]() |
Nadat diamante by Kimberley ontdek is, het die verkeer die Karoopoort selfs heftiger geword toe gereelde poskoetsdienste ingestel is. Die eerste hiervan is begin deur die Inland Transport Co wat sterk ligte waens gebruik het. Veertien persone, insluitend die drywer en twee assistente, het in so 'n wa gery. Die sye van die wa was oop, maar seil blindings kon laat sak word indien die weer onguur was. Tien sterk klein Kaapse muile, wat met klingende klokkies versier was, is gebruik om die wa te trek vanaf die spoor-eindpunt by Wellington, deur Bainskloof en Michellpas na Ceres, en deur Karoopoort na Beaufort-Wes en Kimberley. |
Herberg in Karoopoort (c. 1850) |
As gevolg van hierdie verbeteringe het die verkeer deur Karoopoort dus aansienlik toegeneem, en het dit lonend geword om 'n herberg in die poort op te rig. Daar is dus teen ongeveer 1850 is 'n gebou in die poort opgerig wat vyftig jaar as herberg gedien het. Die grond is deur die staat verhuur met die voorbehoud dat reisigers, teen betaling, daar gasvryheid moes geniet. |
Die Vergete Grootpad |
Dieselfde diamantstormloop het egter ook die doodsklok vir die die grootpad deur Karoopoort gelui. Daar was nou 'n sterk motivering om die spoorlyn vanaf Wellington na Kimberley te verleng. Op 1 September 1875 het die spoor Tulbagh Road (oos van die huidige Nuwekloof) bereik, en teen die einde van 1876 was die spoor tot by Ceres Road (nou Wolseley) in gebruik. Om verskeie redes is die spoorlyn na die binneland nie deur Michellspas na Karoopoort - die kortste roete - gebou nie; ondermeer sou 25 brûe binne 4 myl nodig wees. Die spoorlyn is dus oor Worcester en die Hexrivierpas gebou. |
| Teen 1877 het die
spoorlyn reeds die huidige Touwsrivier bereik, en
teen hierdie tyd het die verkeer deur Karoopoort begin afneem.
Transport
is nou gery na die diamantvelde vanaf die steeds noordwaarts bewegende
spooreindpunt, maar baie instansies het gelukkiger gevoel om vir 'n
tydlank
hulle karweiwerk aan een ondernemer toe te vertrou, en het dus steeds
die
togryers se dienste uit Kaapstad gebruik.
'n Verdere doodskoot vir die hoofweg deur Karoopoort was die nuwe Pakhuispas wat Thomas Bain tussen 1874 tot 1877 gebou het. Hy het rapporteer dat die hele Calvinia verkeer wat voorheen Karoopoort en Ceres Road Station (Wolseley) gebruik het, nou deur Clanwilliam sou gaan - 'n meer direkte roete wat beter van akkomodasie voorsien was, en ook meer weiding vir trekdiere gehad het. Teen 1895 was die era van die togryer deur Ceres en Karoopoort verby - die spoorweg het dit as verbindingsmiddel vervang. Die Grootpad deur Karoopoort se ster het verskiet, en in sy boek Old Cape Highways was dr E.E.Mossop in 1927 waarskynlik die eerste om na hierdie roete as THE FORGOTTEN HIGHWAY te verwys. |
|
Le Vaillant (1883) |
Vanweë die topografie is Le Vaillant met sy terugreis in 1883 ook deur die omgewing. Sy presiese roete uit die Karoo is moeilik bepaalbaar, want hy het sy weg oor sy kaart geteken asof al die bergreekse vir hom padgegee het. |
'n Conradie geboorte (1919) |
Op 24 Oktober 1919 word Hendrik Daniël Conradie (my vader) in die Karoopoort huis gebore. Sy ouers het op daardie stadium in die ou herberghuis gewoon. |
Mossop (1927)Old Cape Highways |
Met dr. E.E. Mossop se
besoek in die 1920's was die helder stroom water
wat Lichtenstein in 1803 beskryf het, steeds daar - dit is gekeer uit
die
Doornrivier, en het steeds water aan die eike- en populierbome verskaf,
daarna verby die plaashuis geloop, en al langs die "myl-lange"
vyeboomlaning
wat 'n groot deel van die pad deur die poort belyn..
Dr. Mossop het opgemerk dat Karoopoort sedert Burchell se besoek weinig verander het; die kareebome langs die Doornrivier waarskynlik minder in getal was, aangesien die rivier elke jaar wanneer dit in vloed was, 'n paar eeuoue bome met verwronge stamme weggespoel het, en dit het nie voorgekom asof jong boompies ooit hul plek inneem nie. Aan die hand van Burchell tekening van Karoopoort kon dr. Mossop ook die plek van Burchell se uitspanning bepaal. |
Nasionale Gedenkwaardigheid (1981)![]() |
Reeds teen die
middel van die agtiende eeu het dit as uitspanplek
bekend gestaan. 'n Honderd jaar later is 'n huis daar gebou wat 50 jaar
lank as herberg gedien het.
Die hele werf met die vyelaning daarnaas is in 1981 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. In 1982 het ons saam met my vader sy geboortehuis besoek. Toe die foto geneem is, was die gedenkwaardigheidbordjie reeds langs die voordeur ingemessel, maar die huis was nog nie herstel of geverf nie. Met ons besoek was die huis onbewoon, en die deure was oop - so ons kon in die huis ingaan. Op Pappa se versoek het ek 'n foto met sy kamera van hom in die slaapkamer geneem - hy het op die vloer gaan sit en homself amper in fetusposisie opgetrek... Ek neem aan die foto is nog tussen sy skyfies. Die jongman links op die
foto heet ook Hendrik Daniël Conradie
(gebore 1974) na sy Oupa. |
die Vergete Grootpad uitgegee (1988) |
In 1988 het Dene Smuts en Paul Alberts 'n pratige kontreiboek oor die onderwerp saamgestel onder die titel Die VERGETE GROOTPAD deur Ceres en die Bokkeveld. Dit het weer die belangstelling oor hierdie vergete geskiedenis aangewakker, en vandag is daar 'n redelike bewustheid hieroor - dit is ook moontlike om toere te onderneem wat punte van belang besoek. |
Huis in gevaar (1994)
|
Phil du Plessis het op
17 September 1994 die volgende berig in die
Burger se WoonGids geskryf:
Die kloof in die
Witteberge tussen die Warm Bokkeveld en die Die herberg op die uitspanning is in ongeveer 1850 gebou en is in 1981 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Die huurder was altyd verplig op om gaste teen betaling te huisves. Dié bepaling het in die huidige eeu verval en die laaste huurder het die gebou nie bewoon nie, wat vandalisering en verval tot gevolg gehad het. Die toestand van veral die westelike deel van die gebou was sorgwekkend. Die mure van rou kleibakstene is aan die binnekant erg verweer en een van die binnemure het deels ineengestort. Hierdie deel was oorspronklik 'n ry aaneengeskakelde kamers (langhuis). In die ou ingangsportaal, agter 'n dubbeldeur met bolig, is die vloer met patroondoppies wat in die kleivloer ingeslaan is, versier. Die patrone was van 'n groot kaliber, moontlik uit die Tweede Vryheidsoorlog. Nog 'n ry kamers aan die agterkant is later aangebou en hierdie deel is vermoedelik reeds gedurende die vorige eeu van 'n hoë sinkdak en solder met trap voorsien. Groot skuifraamvensters van die deel, wat vermoedelik van binneluike voorsien was, is op 'n tydstip verwyder en kleiner vensters toe ingebou. Die Oostelike deel van
die gebou, wat in redelike toestand en van geriewe
voorsien is, het nog 'n rietdak met 'n breë
wolfneus-eindgewel. Die
houtwerk binne is laat-Victoriaans en goed bewaar, maar rietplafonne is
met moderne materiaal bedek. |
Huis gered (1994) |
Op 29 Oktober 1994 skryf
Phil du Plessis soos volg in die Burger se
WoonGids on die Opskrif: Breërivier SDR red
Karoopoort-herberg:
DIE historiese herberg op die uitspanning by Karoopoort in die Witteberge gaan onder leiding van die Streeksdiensteraad gerestoureer en vir toerismedoeleindes benut word. 'n Belangwekkende vergadering tussen ver skeie betrokkenes is pas met groot vrug gehou. Die agteruitgang van die herberg het die afgelope jaar (1994) aansienlike kommer begin wek. Hierdie skrywer het op 19 September in Woongids in die rubriek Op die Voorgrond daaroor berig. Die Breërivier Streeksdienste raad het verlede Vrydag 'n dringende beraadslaging met rolspelers gehou om die besonderse argitektoniese erfenis te red en vir toerisme te benut. Solank daar skape in die Warm Bokkeveld is, sal die uitspanning benut word en die Breërivier Streeksdiensteraad verantwoordelik bly vir die instandhouding van die geboue daar. Op verlede Vrydag se vergadering in die SDR-kantoor op Ceres, het die voorsitter, mnr. P.F. Hugo, en die hoof uitvoerende beampte, mnr. Hannes Coetzee, samesprekings gehou met mnr. Jan du Toit van die Witzenberg Landelike Raad, mnr. Julian Gribble van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede en verteenwoordigers van ander betrokke instansies. Woongids is ook uitgenooi en is deur hierdie skrywer verteenwoordig. Dit het uit die bespreking duidelik geblyk dat bewaring van die historiese geboue vir die SDR 'n hoë prioriteit het. Benutting van die gebou sou mees effektief wees indien dit gekoppel is aan ontwikkeling van die toeristepotensiaal van die gebied en die ideaal sou wees om dit weer as herberg te benut. Die landboupotensiaal van die grond moet nog ondersoek word. Daar is op die vergadering besluit om 'n bewarings-argitek te nader vir noodmaatrëels om die gebou voor die einde van die jaar te beveilig. Volledige restourasieplanne en die koste daarvan sal vir middel aanstaande jaar aangevra word. Daar is ook besluit dat met verdere verhuring van die uitspanning restourasie en benutting van die historiese geboue die belangrikste oorweging moet wees. Die toerisme-potensiaal van die gebied sluit ook 'n nabygeleë wildplaas met uitkampgeriewe, die trekboer-begraafplaas op die uitspanning Platfontein met eenvoudige grafstene uit die agtiende eeu, die unieke plantegroei en moontlik oesmankuns in die berg in. Wandelpaadjies vir stappers kan in die omgewing beplan word. Die daadwerklike stappe wat die Breërivier SDR nou onderneem is verblydend. Die rustigheid van die omgewing met 'n gebouekompleks wat op skilderagtige wyse in die kloof inpas, het reeds belangstelling van voornemende nuwe huurders vir die herberg en werf gewek. |
Du Plessis (1994) |
Op 28 April 1994 het
Phil du Plessis van WoonBurger Karoopoort besoek:
Die rustigheid van die plek, met die enorme vyebome in 'n laning wat minstens 'n eeu oud is, het ons aangegryp en was uiters welkom. Die intieme vooraansig van die huis met sy ommuurde voortuin is gebalanseer deur die werf met twee enorme eike en 'n suipkrip. Die breë wolfneusgewel aan die sykant met die rustige rietdak wat boop lê, soos 'n sluimerende kat, het ons laat spyt voel dat die herbergier nie tuis was nie. |
![]() |
KAROOPOORTDie kaart toon die ligging van Karoopoort in die kloof tussen Kwarrieberg en Saalberg. Die Doringrivier vloei noordwaarts deur die poort.Links kom die pad vanaf Ceres verby Hottentotskloof ('n ou uitspanning); voor Karoopoort tak 'n pad na regs in die rigting van die N1 naby Touwrivier. Aan die noordekant van Karoopoort tak die pad links na Calvinia, en regs na Sutherland. Let op die twee hoogspanninglyne deur die poort - dit skend die omgewing in teenstelling met wat die ou reisigers gesien het. Die plaas Uitkoms se naam stam van De Uitkomst, wat verwys na die feit dat jy uit Karoopoort is. |
Bronne geraadpleeg |
Die Vergete Grootpad
deur Smuts & Alberts 1988 Togryermuseum pamflet GETAWAY Jan 1998 (The Forgotten Highway) TOWARDS THE FAR HORIZON deur Jose Burman 1988 Old Cape Highways deur Dr EE Mossop 1927 Travels and Adventures in Southern Africa, George Thompson, VRS 1968 Patricia STORRAR, A Colosssus of Roads (1984) Die Burger se Elektroniese Argiewe (artikels in WoonBurger) SESA Carl Peter Thunberg Travels at the Cape of Good Hope 1772-1775, VRS 1986 |
|
|
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |