Die Conradie Foto Galery
     
    Daniël Jacobus (1809-1888) - eerste baas van KoelfonteinRegs verskyn die eerste eienaars van die Conradie familieplaas Koelfontein (Ceres). Daniël Jacobus Conradie (c2d4e8) is op 24 Julie 1807 op Nieuw Munster (Wolseley) gebore, en is in 1830 met Maria Margaretha Susanna MARAIS op Tulbagh getroud. Hy het op 11 Maart 1832 die plaas Koelfontein naby Ceres gekoop - sedertdien is dit steeds in besit van sy nageslag. Hierdie egpaar het 14 kinders gehad. Toe oupa Daantjie al bejaard was - hy is in 1888 oorlede - was sy bene nie meer so goed nie, het hy die meeste van sy tyd op die hoë stoep met sy beroemde verkyker deurgebring. Die verkyker het hy op een van sy reise na die Kaap van 'n skeepskaptein as geskenk gekry. Daarmee kon hy 'n man se  skape op 'n afstand van 15 myl tel en die regte getal gee. [ Nota: Die foto hierby is eintlik 'n houtskooltekening van die egpaar - destyds, toe fotografie nog in sy kinderskoene was, is sulke tekeninge dikwels vir gebruik as portrette gemaak.]

    Daniël Jacobus (1837-1923) 2de eienaar van KoelfonteinDaniël Jacobus (c2d4e8f4), gebore op 13 Mei 1837 as 4de kind van die eerste eienaar van Koelfontein, was die tweede eienaar van die Conradie familieplaas Koelfontein (Ceres). Hy is getroud op 11 Maart 1862 met sy niggie Hester Elizabeth (Hessie) Conradie (c2d4e6f4).  Hy is in 1923 oorlede. 

    Hendrik Daniël Conradie (1857-1930) - c2d4e6f14 - was die 14de en laaste kind van die eerste eienaar van Koelfontein, Ceres. Hy is in 1882 met Maria Magdalena Aletta HUGO getroud. Hulle het 9 kinders gehad, maar 'n groot tragedie het die gesin getref toe die 3 jongste kindertjies in 1888 binne 12 dae van mekaar aan komplikasies weens masels oorlede is. Toe hierdie foto in ongeveer 1903 geneem is, het die familie in die historiese herberghuis op Karoopoort gewoon. Op die foto verskyn agter die kinders Danie(g3), Miemie(g2), Pieter(g1); en voor Anta(g7), Hennie(g8) en Hansie(g9). Die vader hier het baie jare met 'n seerplek aan sy voet geloop - dit wou nie genees nie - maar is volgens famielie oorlewering veroorsaak deur iets waarin hy in die veld getrap het. 'n Dokter het dit verkeerdelik as melaatsheid (daar was destyds baie streng regulasies oor die siekte) gedianoseer, en hy is verban na Robbeneiland, waar die voet toe na 'n tyd onder die knie afgesit is, en na sy herstel is hy toegelaat om met sy familie op Ceres te herenig, en is hy daar meer as 20 jaar later oorlede.
     
     

    dr Elizabeth Conradie
    Dr Elizabeth Conradie (Tulbagh 10.8.1903 - Amsterdam 27.10.1939) was miskien die Conradie persoon wat by haar (jeugdige - 36 jr oud) afsterwe die meeste huldeblyke in die Suid-Afrikaanse pers uitgelok het. Prof. Petrus Nienaber het vertel dat hy die woord "Africana" die eerste keer by Bettie Conradie gehoor het. Selfs vandag bly is sy nie vergete nie -  nog in 1998 is 'n gedenklesing op Vrouedag oor Bettie Conradie se nalatenskap hou, en was daar 'n voorneme om in 1999 op haar sterfdag 'n krans op haar graf te lê.

    dr Elizabeth Conradie se brief

    So het dr Elizabeth Conradie, vanuit Amsterdam, op 11 September 1939, 'n brief aan Oom Hennie (HLN Conradie) afgesluit.

    Johannes Hendrik Conradie (1872-1940)Johannes Hendrik Conradie (Rietvlei 10.2.1872 - Klein Brakrivier 21.1.1940) Hy was die seun van die man wat met sy kop voor 'n wawiel beland het. Hy het ondermeer in die ABO geveg by Modderrivier en Magersfontein. Vanaf 1917 was hy vir 7 jaar die superintendent van die NG.Kerk nedersetting by Kakamas. Vanaf 1929 was hy vir 10 jaar Administrateur van Kaapland.

    Ernst Lodewicus Conradie (

    c1d2e4f2g4.  Ernst Lodevicus Conradie gebore 19.5.1858 
                     x 27.1.1891 Maria Catharina JORDAAN (22.12.1865, †14.6.1960)
                     † 25.10.1900 gesneuwel as Veldk. te Fredrikstad. 
    Sover ons weet, was hy die enigste Conradie wat 'n offisiersrang in die ABO beklee het. Hy was in bevel van ongeveer 100 man, waarvan die meeste Kaapse Rebelle was, toe hulle deur 'n Engelse oormag vasgekeer is, en hulle dus verplig was om tot die laaste man te veg.
     
     


    c1d10e3f2g1h5.  Dawid Johannes (Dawie) 24.10.1922 [Hoopstad] {Ds.}
                        x Aletta Dorothea WAGENAAR
                        † 11.01.1978
                          Matrikuleer 1941 op Kroonstad, word NGKerk predikant,
                          1951 gelegitimeer, 1952 Boschpoort, 1957 Decoligny,
                          1959 Odendalsrus, 1963 Hoopstad, 1969 Potchefstroom
                          Hy was op 'n stadium eienaar van die plaas Kromlaagte
                          by Hoopstad, en het dit aan c1d10e3f2g8h1 verkoop.
    (Odendaalsrus: Op 26 Oktober 1958 word ds. DAVID JOHANNES CONRADIE (1923-1978)as 8ste leraar van die gemeente beroep om op 30 Januarie 1959 hier bevestig te word. Hy was veral bekend vir sy arbeid op die terrein van die Diens van Barmhartigheid en die Sending. Op 14 Junie 1962 het die gemeente afskeid geneem van hierdie leraar nadat hy 'n beroep na HOOPSTAD aanvaar het.)

stuur asb epos Piet Conradie by:
dieconradies@gmail.com
die CONRADIE familie se WebBladGaan na die Bopunt van hierdie bladsyPiet se WebWerf
Hierdie bladsy
is laas op 26 November 2007 met
Netscape Composer bygewerk deur
Piet Conradie