![]() |
KAROOPOORTDie kaart toon die ligging van Karoopoort in die kloof tussen Kwarrieberg en Saalberg. Die Doringrivier vloei noordwaarts deur die poort.Links kom die pad vanaf Ceres verby Hottentotskloof ('n ou uitspanning); voor Karoopoort tak 'n pad na regs in die rigting van die N1 naby Touwrivier. Aan die noordekant van Karoopoort tak die pad links na Calvinia, en regs na Sutherland. |
![]() |
Die Poort in die berge
|
![]() |
Een van die opvallendste
eienskappe van die poort is die dramatiese
verskil in die plantegroei aan weerskante van die poort - aan die
suidekant
is daar nog 'Kaapse' plantegroei (bv renosterbos), aan die noordekant
(foto
links) is dit prakties 'n woestyn.
|
| Aan die einde van die 19de eeu het 'n man met die naam Hendrik Daniël Conradie in die omgewing van en op Karoopoort self geboer. Hy was getroud met ............................., en hulle het ? kinders gehad wat soos volg gebore is: | |
![]() |
Die Huis op KaroopoortToe Hendrik op Karoopoort gewoon het, sou hy nie die eienaar, maar die huurder van die huis op die Karoopoort uitspanning gewees het. Die huis, wat in ongeveer 1850 gebou is, is deur die owerheid (afdelingsraad) met die plaasgrond verhuur tot so laat as 1950 met 'n klousule wat bepaal dat die huurders oornagherberg aan reisigers (natuurlik teen betaling) moes verskaf. Gedurende die laaste helfte van die 19de eeu het Karroopoort 'n druk verkeer van togryers en ander reisigers beleef as gevolg van die ontdekking van die Kimberleyse diamante voor daar 'n spoorlyn oor Hexrivierpas gebou is. Die ou herberghuis is weens sy geskiedkundige waarde, saam met die kilometerlange antieke vyeheining as 'n historiese gedenkwaardigheid verklaar.Links sien ons die gebou van die noordweste, en die kombuis met ingeboude houtstoof is naaste. |
|
Hier is die mooi
wolfneusgewel aan die noordekant. Die deur bied toegang
tot die kombuis.
Die huis word soos beskryf: Die westelike deel van die gebou was oorspronklik 'n ry aaneengeskakelde kamers (langhuis). In die ou ingangsportaal, agter 'n dubbeldeur met bolig, is die vloer met patroondoppies wat in die kleivloer ingeslaan is, versier. Die patrone was van 'n groot kaliber, moontlik uit die Tweede Vryheidsoorlog. Nog 'n ry kamers aan die agterkant is later aangebou en hierdie deel is vermoedelik reeds gedurende die vorige eeu van 'n hoë sinkdak en solder met trap voorsien. Groot skuifraamvensters van die deel, wat vermoedelik van binneluike voorsien was, is op 'n tydstip verwyder en kleiner vensters toe ingebou. Die Oostelike deel van die gebou, wat in redelike toestand en van geriewe voorsien is, het nog 'n rietdak met 'n breë wolfneus-eindgewel. Die houtwerk binne is laat-Victoriaans en goed bewaar, maar rietplafonne is met moderne materiaal bedek.
|
![]() |
Robbeneiland toe vir 8 jaar.Hendrik het op ouderdom 49 jaar melaatsheid opgedoen, en is in 1906 na Robbeneiland gestuur.In 1891, na 'n wêreldwye paniek oor melaatsheid, het die Kaap 'n streng wet aangeneem wat aanmelding verpligtend maak, en het toe al wat melaats is, asof reeds dood, vir goed weggeruk van familie en medemens, en soos besmette diere op die Eiland probeer isoleer. Inspekteurs is aan die Kaap aangestel om melaatses uit te ruik. Op 'n Muizenbergse stoep gewaar een van hulle 'n vrou wat verdag agter 'n koerant koes. Toe hulle haar die volgende oggend gaan soek, het sy en haar hele familie uit Eiland angs oornag spoorloos verdwyn. Links is 'n foto van die melaatskamp soos dit in 1900 gelyk het. Die foto is geneem vanaf die "Hek van Trane", so genoem omdat die kanse skraal was dat jy weer daarlangs kon terugkom as jy eers binne was. Die manlike en vroulike melaatses het in afsonderlike kampe gewoon, en buitekant die kampdrade het die polisie dag en nag patroliewagte gehad. |
![]() |
Terwyl ons voorvader
Hendrik op Robbeneiland was, moes dit onsettende
moeilike tye vir sy naasbestaandes gewees het. Gelukkig was daar 'n
goeie
einde, want alhoewel sy voet as gevolg van melaatsheid afgesit moes
word,
was hy na byns 8 jaar genees (die behandeling het hoofsaaklik uit 'n
gesonde
dieet, goeie higiene en oefening bestaan), en kon hy op 18 Februarie
1914
terugkeer na sy familie in 'n nuwe land - die Unie van
Suid-Afrika.
Links is 'n ou foto van die NG Kerk gebou (reeds gesloop) vir manlike melaatses op die eiland. 'n Mens wil glo dat jou voorvader gereeld deur daardie deur beweeg het, en binne vertroosting vir sy situasie en eensaamheid gevind het. Hy is in 1930 in die Ceres-dorp begraafplaas te ruste gelê. |
![]() |
In 1982 het ons saam met
my vader sy geboortehuis besoek. Toe die foto
geneem is, was die gedenkwaardigheidbordjie reeds langs die voordeur
ingemessel,
maar die huis was nog nie herstel of geverf nie. Met ons besoek was die
huis onbewoon, en die deure was oop - so ons kon in die huis ingaan. Op
Pappa se versoek het ek 'n foto met sy kamera van hom in die slaapkamer
geneem - hy het op die vloer gaan sit en homself amper in fetusposisie
opgetrek... Ek neem aan die foto is nog tussen sy skyfies.
Die jongman links op die foto heet ook Hendrik Daniël Conradie (gebore 1974) na sy Oupa.
|
| Hierdie is 'n vergroting uit 'n Ceres sub B skoolklas foto van 1926 toe Hendrik Daniël Conradie, wat in 1919 op Karoopoort gebore is, sewe jaar oud was. | |
| Hier is Hendrik Daniël (wat nou in sy gesin as Hennie of Boeta bekend was), saam met die gesin se hond Bruno. Die jaar ongeveer 1934 | |
| Volgens
Hendrik Daniël (Hennie of Boeta) se aanwysing is
hierdie foto van die Conradie gesin op Ceres voor 1937
geneem.
v.l.n.r agter: Ida,
Hennie, Marie, Matty, Minnie Die geleentheid is onbekend - almal was opgetof in Sondagdrag, en die twee oudste mans dra knoopgatruikers. |
|
![]() |
Op die foto links, wat waarskynlik in die laat 1930's geneem is, toe sy in haar sewentigs was, verskyn Hendrik Daniël se vrou, Maria Magdalena Aletta (geb. Hugo op 12 Des 1862, oorlede 12 Des 1944 op haar 82 ste verjaardag.) Die stoel waarop sy sit, is vandag 'n Conradie erfstuk wat tans (1999), in die woonkamer van haar agterkleinkind Pieter Conradie staan. Die stoel is in 1993 oorhandig aan hom deur sy vader Hendrik Daniël (1919-1996) wat dit volledig gerestoureer het. Onder die stoel is die volgende beskrywing: "Stinkhoutstoel van die sogenaamde Overberg tipe wat baie algemeen op die platteland rondom Swellendam geword het. 'n Kenmerk is die H-vormige spanstuk tussen die pote, sowel as die horisontale ruglenings, en die wigvormige pote voor. Die eerste baas van hierdie stoel was Hendrik Daniël Conradie, 'n boer in die omgewing van, en op Karoopoort (1857-1930). Na sy dood kry sy oudste seun Pieter (1883-1958) die stoel, en daarna laasgenoemde se oudste seun, Hendrik Daniël (1919---). Dit word nou (1993) aan oudste seun, Pieter, oorhandig vir verdere bewaring as 'n Conradie erfstuk. In opdrag van die restoureerder word die (riempie)stoel as 'n ornament gebruik - niemand mag daarop sit nie. |
![]() |
Hier sien ons
Alida Johanna Louw, gebore Mouton |
![]() |
Hier is die familie
saam, waarskynlik die einde van 1953, by Tulbaghstraat
in Wolseley. Agter is 'n deel van die huis by Blyth Walk 2 sigbaar -
waarheen
die oudste Conradie egpaar in 1954 sou trek.
AGTER: Hennie, Sarel,
Mammie (Ouma Malie), Pappie Miskien was Mossie die fotograaf, maar dalk moes hy werk, en is die foto met 'n 'self-timer' geneem? |
Onderstaande is 'n kopie, van 'n gedeelte van die Conradie familie register, wat op 8 Junie 1972, uit haar geheue deur Marta Magdalena Conradie (geb. Louw), op versoek van haar oudste seun, Hendrik Daniël, gemaak is. Sy was toe reeds 81 jaar oud - het aan hoë bloeddruk en swak oë gely - en was woonagtig (baie gelukkig) in die ouetehuis, Russelstraat, Worcester, waar sy op die ouderdom van 84 jaar 8 maande om 8.15nm op 2 Des 1974 oorlede is aan "miokardiale infarksie" volgens die sterftesertifikaat.

![]() |
Hierdie foto is in
September 1974 geneem in die woonvertrek van die
huis by Blyth Walk 2 op Wolseley. Dit toon 4 geslagte Conradies.
Die
Oumagrootjie Malie Conradie (gebore Louw 12 April 1891) hou
haar
agterkleinkind Hennie (Hendrik Daniël) van minder as 3 maande
ouderdom
vas - gebore 4 Julie 1974. Sy vader is Pieter (gebore 18 April 1946).
Die
oupa is Hendrik Daniël gebore 22 Oktober 1919 op Karoopoort.
Dit was moontlik die laaste foto van die trotse Grootjie - sy is minder as 3 maande later op 2 Desember 1974 in die ouetehuis op Worcester oorlede in die rype ouderdom van 84 jaar en 8 maande. |
![]() |
Hier wys die Conradie broers Hennie (Boeta) en Jannie hulle allermooiste glimlagte vir die kamera - dit was in 1977 in Pretoria. |
|
Stuur asb epos vir Piet Conradie by: |
|
is laas op 26 November 2007 met Nvu (Composer) bygewerk deur |