Hennie & Mildred Conradie besoek Marburg (2002)

Hier is nog foto's. Klik op 'n foto om die vergroting te sien

     wehrda.JPG (150091 bytes)     Wehrda - St Martins kerk 04.jpg (194950 bytes)     Wehrda - St Martins kerk 03.JPG (100478 bytes)

Marburg is 'n kleinerige dorpie ongeveer 'n uur se ry per trein vanaf Frankfurt. Dit is in die noordelike gedeelte van die provinsie Hessen geleë. Marburg is vandag nog bekend vir sy studente en natuurlik die Universiteit. Dit klink my meer as 50% van die inwoners is studente.

Ons stamvader - Friedrich Henrich Conrady - was ingeskryf by die Marburgse Gimnasium. Of dit skool of Universiteit beteken, weet ek nie. Sy vader was 'n Predikant (Fahrer) by die ou Lutherse kerkie (waar ek voor die kerk staan). Vandag is dit sover ek weet nie meer 'n Lutherse kerkie nie. Die kerkie is in Wehrda geleë: destyds 'n klein dorpie maar vandag deel van Marburg - mens sou amper kon sê 'n voorstad.

Die linkerkantste foto met die Franse vlae wys die ou Rathaus. Regs daarvan is 'n foto van Mildred by 'n binnehof in die Marburgse Kasteel (Schloss). Links onder is 'n kerk afgeneem op ons soektog na die ware Jakob - en regs onder natuurlik die einste kerk.

Wat my getref het by die kerkie, was 'n standbeeld van 'n Duitse kryger op die grasperk. Mans en seuns uit die gemeente wat vir hulle volk gesterf het tydens die Eerste Wêreld Oorlog, word so onthou. Die kerkie is teen 'n heuwel aan die voet van 'n woud - en omring deur klein boerderye (ja - in die dorpie). Mens ruik net beesmis en melk sover jy stap! Nogal 'n lekker Boere-gevoel. Die 'gebroeders' Grimm het ook aan die Universiteit by Marburg studeer - en daar heelwat van hulle bekende sprokies geskryf. Na 'n wandeltog in die woud en om die kasteel (wat oor die dorp troon) kan mens jou goed indink hoe alles in die tyd van die Grimm-broers moes gelyk het. Ek beveel Marburg sterk aan by alle Conradies!

6 November 2002

Dagsê

Ja - u is meer as welkom om van die fotos te plaas.
Ons het lank gewonder oor die korrektheid van die
kerkie wat ons afgeneem het. Ek het egter by twee
'pharers' (leraars) in Marburg gaan kers opsteek en
hoewel hulle nie def. kon sê nie, het hulle wel gesê
dat dit die enigste en oudste Lutherse kerkie in
Wehrda is. Dit moet dus korrek wees. Ek het die kontak
besonderhede van die huidige leraar van die kerkie ook
by my: dit is soos volg:

Armin Wehrmann
Huteweg 4
35041 Marburg-Wehrda
Tel: 06421/82484 o.
0177/8375502

E-pos: armin.wehrmann@gmx.de

Hy is jonk en baie vriendelik.

Vandag is die kerkie 'n Evangeliese Martinskirche,
maar dit was eers Luthers. Die grafte wat om die
kerkie was het egter nie meer grafstene by nie, en
ander naby was wel interessant.

Groete
Hennie Conradie
1
stuur asb epos aan Piet Conradie by:
dieconradies@gmail.com
Piet se WebWerfGaan na die Bopunt van hierdie bladsyPiet se WebWerf
Hierdie bladsy
is laas op 26 November 2007 met
Nvu (Composer) bygewerk deur
Piet Conradie